Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9360 resensies.
"Dit was opvallend hoe skoon die strate was. Pragtige ou Karoodorpie - ons sal beslis weer daar oorslaap en verder verken."
"Ek verstaan hul wil toeriste lok, maar deur die pryse so op te jaag, jaag hul ons plaaslike Suid-Afrikaners weg. Dit bly wel 'n lekker area. "
"Asemrowend, fantasties, so baie dinge om te doen. Gaan Mosselbaai definitief weer besoek."
"As 'n mens van stilte en rustigheid hou, is dit 'n ideale vakansiedorp. "
"De Rust has always been a favourite for me (it has nothing to do with the fact that I was born in Oudtshoorn). There is so much to see around De Rust and may places to enjoy a meal and a drink."
"Glentana is 'n stil en veilige bestemming vir 'n gesinsvakansie. Net 10 tot 15 minute vanaf George-lughawe, die vulstasie en winkels by Groot Brak. "
"Mooi area, maar nie veel om te doen in die nabye omgewing nie. Behalwe vir die see is daar nie veel ander buitemuurse aktiwiteite nie. "
"Besig om sy plattelandse atmosfeer te verloor. Dit is wel nie noodwendig nadelig nie en behoort 'n jonger geslag toeriste/families goed te pas."
"Lekker strand. Die hoofstrand was moeilik bereikbaar agv die huidige bouwerk, maar dit gaan baie lekker en mooi wees wanneer dit klaar is."
"`n Karaktervolle wêreld met baie kultuur, geskiedenis, natuurskoon en passievolle mense. "