Geverifieerde Resensie
Umhlanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Umhlanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 218 resensies.
"Alles wat jy in ’n plaaslike vakansieplek of plek weg van die huis af wil hê, kan jy by Umhlanga kry."
"Dit is vir seker ’n toeristebestemming. Alles wat mens nodig het is daar. Skoon plaveisel om op te draf in die oggende, verskeie resturante net ’n paar minute se stap op die strand weg."
"Umhlanga is pragtig, die promenade maak dit die moeite werd ten opsigte van Covid en lockdown-reëls"
"Umhlanga is n plek vir mense wat van besig hou. Dis 'n baie populêre sosiale omgewing met al die restaurante en strande."
"Umhlanga is en was nog altyd 'n vyf ster-vakansiebestemming. Parkering is egter 'n groot probleem, maar dit was 'n baie aangename vakansie."
"Umhlanga is altyd pragtig. Die mense is vriendelik en hulpvaardig. Ons besoek was nie vir rus of shopping of reis nie, dit was vir ’n familie-byeenkoms. So ons het basies net daar geslaap. "
"A very beautiful place to be, but the people like to take their dogs to the beach where we want to swim and relax."
"Pragtige vakansie bestemming en 'n lewendige dorp. Alle winkels is loopafstand en 'n baie lekker staproete op die promenade wat veilig is en baie netjies gehou word. Umhlanga is beslis vir my die dorp om te besoek aan die Noordkus van Kwazulu Natal."