Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.36 uit 5 gekry volgens 4584 resensies.
Justice M. - 17th November 2015
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Ek is nie lief vir Bloemfontein, want sy weer is van een uiterste na ander. Baie warm na baie koud.
Jaonie V. - 17th November 2015
staying in Winburg, Vrystaat
Dit is nie almal se smaak nie en jy moet gebou wees om daar te bly maar dit is 'n ander tipe natuurskoon, lyk netjies en skoon met die landskap wat so dol en leeg is met net grasvelde en koppies waar jy kyk.
Johann J. - 16th November 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Dit was die moeite werd om daar 'n draai te maak. Al die noodsaaklike geriewe is beskikbaar.
Bakkies E. - 15th November 2015
staying in Heuwelsig, Vrystaat
Baie stil en rustige woonbuurt met voëlgesang in die oggend. Lekker om daar te kon tuisgaan.
Nico B. - 13th November 2015
staying in Bethulie, Vrystaat
Bethulie oulike dorpie en beslis die moeite werd om dit te besigtig.
Wynand C. - 13th November 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Uitstekende bestemming vir 'n naweek vergelykbaar met dorpe soos Dullstroom of Franschhoek, langer as dit, teensy jy net wil boeklees en rus het Clarens beperkte aktiwiteite.
Alta O. - 12th November 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Sal beslis weer teruggaan, hopelik in die winter vir die sneeu.
Joey K. - 12th November 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Ons gaan al vir baie jare gereeld Clarens toe, en dit is nou al jaarlikse instelling, so baie om te geniet in die omgewing - en die interessante winkels met die wonderlike produkte is elke keer 'n wenner.
Thandi H. - 10th November 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Baie kommersieel en baie duur. Die eetplekke het baie lekker kos.
J.d P. - 6th November 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n juweel van 'n toeristebestemming met soveel om te doen. Dis iets anders as die alledaagse plattelandse dorpie. Ek geniet veral die brouery. Ons sal verseker meer gereeld soontoe gaan.
Hannes V. - 5th November 2015
staying in Bethlehem, Vrystaat
Baie netjiese dorp.
Tobias D. - 5th November 2015
staying in Universitas, Vrystaat
'n Mooi gedeelte van Bloemfontein. Die tyd het ons nie toegelaat om Universitas beter te verken nie.
Alta V. - 5th November 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n baie oulike plek, en dit was nie die 1ste keer wat ons daar kuier nie.
Theresa E. - 5th November 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Dit is regtig 'n stunning, mooi, rustige dorpie. 'n Lekker verandering van die vinnige pas van Johannesburg. Die wegbreekie was net die regtig ding. Daar is ook genoeg aktiwiteite om jou besig te hou. Clarens Brewery is amazing verby, Vene die tattoo artist is 'n moet (as jy 'n tattoo mens is) en natuurlik Bokpoort Cowboy Ranch was 'n belewenis. Ek kan nie wag om weer te gaan nie.
Tielie M. - 5th November 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Altyd heerlik in Clarens.
Nico S. - 2nd November 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Nie rystoelvriendelik nie en gestremdes vind dit moeilik om rond te beweeg.
Wilma C. - 2nd November 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Dit was my 3de besoek aan Clarens en dit is werklik 'n pragtige plek met lieflike uitsigte en gasvrye mense.
Rudi C. - 1st November 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Vriendelike mense, baie behulpsaam.
Heleen S. - 1st November 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Baie goed, net baie duur.
Lee-ann H. - 31st October 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Te min oorspronklike kuns soos skilderye en uitstallings. Die werkers wat winkles beman lewer swak diens.
Angie P. - 31st October 2015
staying in Smithfield, Vrystaat
Smithfield has potiental but it needs some infrastructure and love. The community is awesome.
Lo-ann B. - 31st October 2015
staying in Universitas, Vrystaat
Universitas is baie sentraal geleë, veral as jy naby UV moet wees.
Louwrens G. - 29th October 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Mooi dorpie.
Marius D. - 29th October 2015
staying in Bethlehem, Vrystaat
Mooi skoon dorp met alles wat nodig is.
Reinette D. - 29th October 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Vriendelike dorp met pragtige winkeltjies en heerlike kos!
Bibi R. - 29th October 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is die ideale plek om batterye te herlaai. Een word met natuur om jou asook die luuksheid van die snuffelwinkeltjies en natuurlik die allerlieflikste gallerye.
Susan B. - 29th October 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Baie rustig en veilig. Geniet dat alles loop afstand is.
Petro B. - 29th October 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Die natuurskoon is pragtig. Heerlik om daar rond te loop.
Lynn J. - 27th October 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Dit was baie rustig en die mense was baie vriendelik. Het dit regtig geniet.
San-marie B. - 27th October 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Baie mooi uitsig, lekker staproetes en eetplekkies.
Gunther K. - 27th October 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Nice and peaceful.
Kobus V. - 26th October 2015
staying in Ladybrand, Vrystaat
Baie goeie bestemming om te gebruik vir oornag na die Oos-Kaap.
Marlene V. - 23rd October 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n pragtige dorpie met interessante winkeltjies en pragtige omgewing. Bier brouery produk probeer is 'n moet.
Susan M. - 23rd October 2015
staying in Westdene, Vrystaat
Lekker sentraal tussen die sentrums en weg van die stadsgedruis.
Elize V. - 22nd October 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Baie mense, baie duur maar tog 'n landelike atmosfeer.
Kathleen C. - 22nd October 2015
staying in Memel, Vrystaat
Seekoeivlei is the best kept birding secret - amazing reserve, birds, wildlife and hides. We watched the rugby at the Memel hotel bar - wonderful friendly people.
Hanti D. - 22nd October 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Baie spesiale, beelskone dorpie en omgewing. Restaurante was ook baie spesiaal.
Ilze D. - 20th October 2015
staying in Universitas, Vrystaat
Stil omgewing, naby winkels en die universiteit.
Ilza R. - 19th October 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n toeriste dorp. Ons het dit geniet om deur die dorp te loop en na al die winkeltjies te kyk, maar ek sal nie sommer iets daar koop nie want dis bietjie duur. Dis 'n pragtige dorpie en ek sal die dorpie graag weer wil besoek.
Stefan V. - 19th October 2015
staying in Langenhovenpark, Vrystaat
Baie lekker omgewing.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za