Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7951 resensies.
"Ag dis net 'n wonderlike klein dorpie, wat uit sy nate bars - propvol liefde, vriendelikheid, die oulikste winkels en die lekkerste eetplekke. Ek dink wel hulle gaan iewers karre moet begin weerhou om in die dorp te kom, anders raak dit ongelooflik vol en gevaarlik vir al die voetgangers. Die dorpie is vreeslik klein en kan binne 10min van die een tot die anderkant deurgestap word."
"Parys was heerlik, net jammer oor hul water-tekort. Kon by sekere restaurante nie die badkamers gebruik nie en by gastehuis was dit ook 'n probleem. Restaurante is heerlik en mense baie vriendelik en behulpsaam."
"Dis die mooiste mooi van God se skepping! En daar is soveel om te sien en te ontdek! Praat nie eers van die sielsaligheid wat jy kry wanneer jy daar is nie. Dit is 'n moet vir 'n "bucket list"!"
"Vandag in ons land is daar baie uitdaggings rondom infrastruktuur, maar kyk verby dit en sien die pragitige dorp wat die hoofkantoor van VKB huisves, baie dinge te sien rondom dorp asook in die dorp."
"Ek is jammer dat ons nie toeriste-inligting besoek het nie, dit sou die besoek waarskynlik meer sinvol gemaak het."
"Clarens is 'n fantastiese dorpie om te besoek - veral in die koue winters met kaggelvure orals!"
"Clarens bly 'n wenner! Lekker winkels, lekker kuierplekke, lekker mense, mooi natuur!"
"Die water wat uit die krane kom is baie vuil, sou nie eers daarin stort nie. Weet dit is 'n algemene probleem in Parys."
"Clarens is 'n oulike toeristedorpie met baie interessante winkeltjies en restaurante, wees net reg om jou beursie te rek!"
"Dis 'n plekkie wat jou 'n vakansiegevoel gee, al kuier jy net vir 'n naweek daar. Dis net pragtig en die wintertyd daar het ook sy eie bekoring, net soos die somer."
"The service we received from the Honda Dealership in Bloem was efficient, accommodating and really top class. Thank you Honda Bloemfontein."
"Clarens is pragtig geleë. Die dorp het ongelukkig baie besig geword, maar dis steeds heerlik om tyd daar te spandeer. Daar is oulike winkels en restaurante."
"Was die hoogtepunt van die vakansie. Sal vir seker weer daar draai maak."
"Dankie Johan en Madeleine vir jul gasvryheid en puik akkommodasie en dat ons hondekind toegelaat is."