Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7972 reviews.
"Naby die brug vir sonsondergang fotos. Die paaie na die Oos Vrystaat is in 'n treurige toestand."
"Was nogal beïndruk met goeie toestand van konsentrasiekamp se kerkhof. As mens van geskiedenis hou, is daar heelwat te sien."
"Mug&Bean and Steers do not cater for smokers, although they have outdoor areas and therefore lost my business. Potholes and the patching is devastating on your cars suspension, you need a 4×4 with big tyres to drive around town."
"Eerste besoek aan Clarens, was verbaas oor die baie toeriste-aantreklikhede - die paaie in die dorp het egter dieselfde siekte as in die res van ons pragtige land, hulle het net te veel gate!"
"Ons was daar ná baie reën, dus was die rivier skoon en vol en alles pragtig groen."
"Was effens teleurgesteld weet nie regtig waaroor die hype gaan nie, ja daar is baie interessante winkeltjies maar dit is ook al. Hulle kan ook hulle ure verleng oor 'n naweek. "
"Lekker rustige area met pragtige natuurtonele en heelwat om te doen in en om die dorp."
"Die middedorp met die klompie eetplekke en winkeltjies is oulik en verstaanbaar 'n goeie toeriste-attraksie. Net jammer om te sien dat Mimosa Park absoluut ten gronde gegaan het en dat gedeeltes van die dorpie baie armsalig lyk. Wat ook nie goed is nie is die klomp groot vragmotors wat deur die hoofstraat ry wat die rus verstoor. "
"Het die Bierfees bygewoon. Baie goeie ondervinding met alles wat goed gereël is. Welgedaan aan almal wat deelgeneem het en aan die organiseerders. Ons het dit almal baie geniet."
"Die strate is erg verwaarloos met baie pot holes in. Munisipaliteit is bankrot, maar die inwoners help waar hulle kan. Daar was water. "
"Ons kon ook leeus hoor brul, wat op 'n nabygeleë plaas aangehou word, wat dit ekstra spesiaal gemaak het. "
"Mal oor die dorp. Ons is gereelde besoekers en Clarens en sy mense stel nooit teleur nie!"