Geverifieerde Resensie

Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7776 resensies.

Clarens, Vrystaat

RiverWalk Guest House

"Ag ons het baie baie lekker gekuier en Clarens was baie mooi netjies en die winkels se personeel was te alle tye baie vriendelik. Hou so aan Clarens julle sal ons weer sien ."

Clarens, Vrystaat

Vista 70 Clarens

"Clarens het soos ons almal weet, 'n bekoring van sy eie. "

Clarens, Vrystaat

Cottage Pie

"Stil, rustig en baie mooi!"

Clarens, Vrystaat

Knock Out View

"Restaurante verskaf heerlike kos, personeel baie vriendelik."

Clarens, Vrystaat

Cottage Pie

"Heerlike ondervinding. Eerste keer wat ons in Clarens gebly het. Ek kan net vir ander toeriste die wenk gee - bespreek jou aandete (restaurant) vroegtydig anders gaan jy sonder kos slaap. Ons het nie besef hoe gewild die restaurante is nie en amper nie 'n plek gekry om by te eet Saterdagaand nie. Wonderlike plek om net te ontspan. O ja - jy moet 'n groot sak vol geld he want alles is DUUR in Clarens...but that is part of the fun!"

Clarens, Vrystaat

Rooikat Cottage

"Interessante plek. Baie om te ervaar in die dorp. "

Clarens, Vrystaat

Cottage Pie

"Clarens is 'n baie goeie area vir 'n naweek wegbreek. Sal elke jaar daar 'n naweek bespreek en Clarens besoek."

Fleurdal, Vrystaat

Rest @ Blake

"Fleurdal beskik oor 'n Mall, wegneemeetplekke, naby die Casino, en maklik bereikbaar vanaf groot ingangsroetes. Ek dink genoeg bemarking behoort Fleurdal meer gewild te maak onder besoekers aan Bloemfontein."

Clarens, Vrystaat

Clarens Retreat

"Clarens is die beste plekkie ooit. Ons besoek dit gereeld. En het ook 'n jaar terug daar getrou. Sal altyd en altyd teruggaan."

Bloemfontein, Vrystaat

'n Cherry Lane Selfsorg en B&B

"Baie dankie vir die interessante leesstof en bekendstelling van belangrike besoekplekke! Ons het 18 jr in Bloemfontein gewoon en nooit geweet van al die noemenswaardige plekke nie! Nou is ons ook ingelig as besoeker."

Fouriesburg, Vrystaat

The Farm House @ Mont Plaisir Guest Farm

"Ongerep, minder "Hermanus" as bv. Clarens, maar naby alles. Goeie opsie vir diegene wat Lesotho wil besoek, omdat dit so naby is aan die grens en klomp ryery uitskakel, daar is nie groot winkels en apteke nie, so maak maar seker jy het skaars persoonlike items, goeie slaghuis, so kry jou vleis daar."

Fouriesburg, Vrystaat

Oranje Guest Farm

"Ons verblyf was te kort, het nie die keer Fouriesburg self besoek nie, maar op grond van 'n vorige besoek is dit 'n mooi dorp."

Heuwelsig, Vrystaat

A Castle With A View

"Heuwelsig is an upmarket residential area with beautifully maintained houses. It is in close proximity to banks, shopping centres, fast food outlets, restaurants and museums."

Parys, Vrystaat

The Dell

"Met ons aamkoms in Parys was dit reeds donker die aand. Ons het aanvanklik gedink dis dalk beurtkrag dat die dorp so donker is totdat ons besef het dat net hier en daar 'n straatlig brand. Sou dink vir 'n dorp met so besige deurvloei van verkeer moes die hoofstraat se ligte darem almal gebrand het! Die winkeltjies maak in die daglig darem op vir die donker strate in die aand."

Clarens, Vrystaat

Vista 70 Clarens

"Ons kom beslis weer."

Clarens, Vrystaat

V'Kansi Khaya

"Heerlike wegbreek as mens wil lekker rus. Sal dalk net help as mens weet watter winkeltjies wanneer toemaak."

Clarens, Vrystaat

De Ark Mountain Lodge

"Rustige plekkie. Baie lekker en sal aan almal aanbeveel."

Clarens, Vrystaat

V'Kansi Khaya

"Baie interessante dorp. Ons sou graag meer wou sien, maar omdat ons laat die middag op Clarens aangekom het was baie van die winkeltjies en retaurante reeds toe."

Clarens, Vrystaat

Rooikat Cottage

"Wonderlike natuur en 'n rustige vriendelike omgewing. Sal definitief aanbeveel."

Universitas, Vrystaat

Tula 159

"Mense in die omliggende plekke is baie vriendelik."

Clarens, Vrystaat

De Ark Mountain Lodge

"Dis die moeite werd om 'n besoek aan Clarens te kombineer met 'n besoek aan Golden Gate."

Dan Pienaar, Vrystaat

Pepper Tree

"Alle winkels baie naby."

Clarens, Vrystaat

Die Kruik

"Dis altyd lekker, vriendelik in Clarens. Party verblyf is duur, Die Kruik uitstekende waarde vir geld."

Park West, Vrystaat

Nightingale Guesthouse

"Sal enige tyd weer daar oornag."

Parys, Vrystaat

Mirabel Guesthouse

"Die Hoi Polloi restaurant was ongelooflik. Kan dit beslis aanbeveel."

Parys, Vrystaat

Mirabel Guesthouse

"Het ons tyd daar geniet. Lekker gedwaal tussen die winkeltjies. Wye verskeidenheid goedere te koop."

Clarens, Vrystaat

Collett House

"Baie mooi ou dorp met baie oulike winkeltjies, bietjie duur, die uitsig oor die berge is baie mooi. "

Clarens, Vrystaat

Rooikat Cottage

"Beautiful scenery and lots to do and see - will highly recommend a visit to this little town!"

Blad
Blad 251 - Wys 7501 tot 7530
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang