Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Parys is 'n baie en goeie besteming om te besoek en bly want daar is so baie om te doen om en in die dorp."
"Wat vir ons baie gemaklik was is die feit dat hulle gastehuis loopafstand vanaf die winkelsentrum is. Restaurante, apteek, banke asook die Spar ens."
"Aangesien dit 'n toeriste aantreklikheid is is die pryse van produkte baie hoog soos dit by enige vakansieplek is. Ons het Golden Gate toe gery en na 'n swemplek gesoek maar hulle swembad het volgens hulle nie water gehad nie. Dit was baie teleurstellend en die plek self het nie 'n goeie indruk gemaak nie. Dankie aan Montsori Mountain Lodge wat goedgunstiglik gesê het ons kan swem omdat ons ander gaste geken het en hulle gereeld besoek het. Alhoewel die swembad nie skoongemaak was nie het ons dit geniet. Ons het die uitsig baie geniet van die stoep van die hotel af en die kos was goed."
"Ons ken dit slegs as 'n plek op pad / vanaf die Kaap. Daar is dalk meer in die omtrek."
"Obviously a fairly affluent area of Bloemfontein, with lots of overnight accommodation in gated houses and compounds."
"Lank in Bloemfontein gebly en Universitas is 'n goeie woonbuurt."
"Trompsburg is goed geleë tussen Pretoria en George vir oornag. Mooi dorpie met 'n bakkery wat baie moeite doen om toeriste te lok. Mense baie vriendelik."
"Daar is tans 'n droogte daar, die eienaars doen moeite om opgaardtenks vol water te hou, so as die water min is wees maar geduldig. Dankie."
"Memel is 'n mooi dorpie, daar is 'n rustigheid en 'n stilte wat mens kan geniet en waarna die stadsmens verlang. Daar is staproetes en ook die vleilande wat jy kan besoek met baie voëls om te sien. In die omgewing is baie interessante plekke soos bv. Verkykerskop met oudhede van jare gelede. "
"Lieflike dorp om te besoek, oulike winkels en eetplekke, natuur is ongelooflik mooi, baie om te doen."
"Clarens is 'n wêreld op sy eie... fantasties kuns en vermaak beskikbaar en is sekerlik een van die mooiste klein dorpies in die land."
"Klein plattelandse dorpie en die Cheetha Restaurant is absoluut 'n MOET om te besoek."