Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7949 resensies.
"Clarens was nog altyd 'n topklas-destinasie. Solank as wat dit nie verder uitbrei nie, maar net so bly, behoort dit altyd n lekke plek te wees om heen te gaan."
"Vriendelike mense, oulike restaurante, pragtige kuns! Gunsteling naweek-bestemming!"
"As jy genoeg tyd het; is daar altyd nog 'n antiekewinkel om in te loer; ek het alles en nog wat gekry wat op my "shopping-lys" was. As jy een van die restaurante wil besoek op 'n naweek; maak seker jy het bespreek; dit kan 'n probleem veroorsaak."
"Klein plekkie met groot skop. Oor 'n naweek is dit 'n besige plek met baie dinge om te sien."
"Asemrowende plekkie! Dit voel soos 'n ander wêreld as mens daar is. So asof mens nie eers meer in Suid-Afrika is nie. Amazing!"
"Pragtige vakansiedorp, vriendelike mense asook skoon strate. Geen bedelaars by robotte of stopstrate nie. Rustige omgewing en skoon vars lug. Restaurante te kies en keur. Lieflike dorp."
"I think Fouriesburg is a great launching pad for Lesotho and Clarens. I would recommend Fouriesburg to anyone looking to stay in that part of the country. It is very quiet and rural, with no hustle and bustle, which would suit travelers who don't want the busy environment of Clarens."
"Clarens is enig in sy soort, in die mooiste omgewing en altyd baie lekker om 'n blaaskans daar te geniet. Die winkels van Clarens is baie interessant, maar bietjie duur."
"Baie slaapplek, die gebied bleik veilig te wees. Alhoewel dit naby aan die snelweg geleë is, is dit steeds 'n rustige omgewing sonder enige merkbare versteurings. Ek het tot dusver nog met elke besigheidsreis in hierdie area oorgebly, en was tot dusver nog nie teleurgesteld oor my besluit nie."
"Nie so sprokiesagtig sonder sneeu nie: droog en stil in Junie, maar 0 grade C in oggende!"
"Clarens is wonderlik en daar is veskeidenheid dinge om te sien en doen sowel as heerlike eetplekke. Dit is 'n pragtige wêreld en moet besoek word. Daar is ook baie oulike koffieplekke in die hele omgewing. Probeer gerus Die Bus Stop net buite Clarens op pad na die Golden Gate Natuurreservaat."
"Alles wat jy nodig het op kort afstand bymekaar sonder om erge verkeer te trotseer! Awesome!"
"Ons het die dorpie regtig ten volle geniet. Het net nie 'n inligtingskantoor opgemerk nie. Sou dit waardeer het."
"Die middedorp is nie netjies nie, strate oral in swak toestand. Baie jammer dat plaaslike regering/munisipaliteit nie hul deel doen nie."
"Toeristedorp by uitstek. Verbasend die Afrikaanse diens wat ons ontvang het. Pryse van restaurante in die kol."