Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7972 resensies.
"Dis die moeite werd om 'n besoek aan Clarens te kombineer met 'n besoek aan Golden Gate."
"Dis altyd lekker, vriendelik in Clarens. Party verblyf is duur, Die Kruik uitstekende waarde vir geld."
"Het ons tyd daar geniet. Lekker gedwaal tussen die winkeltjies. Wye verskeidenheid goedere te koop."
"Baie mooi ou dorp met baie oulike winkeltjies, bietjie duur, die uitsig oor die berge is baie mooi. "
"Beautiful scenery and lots to do and see - will highly recommend a visit to this little town!"
"Dit is lekker sentraal en maklik om van daar na besienswaardighede in Bloemfontein te ry."
"Winkeleienaars is glad nie vriendelik nie, asof jy hulle iets skuld as jy in hulle winkel rond stap."
"Baie aangename dorpie om te besoek, maar die oorvloed mense was bietjie erg. Kon glad nie plek kry in enige van die beter restaurante in die dorp nie."
"Clarens was nog altyd 'n topklas-destinasie. Solank as wat dit nie verder uitbrei nie, maar net so bly, behoort dit altyd n lekke plek te wees om heen te gaan."
"Vriendelike mense, oulike restaurante, pragtige kuns! Gunsteling naweek-bestemming!"
"Klein plekkie met groot skop. Oor 'n naweek is dit 'n besige plek met baie dinge om te sien."
"Asemrowende plekkie! Dit voel soos 'n ander wêreld as mens daar is. So asof mens nie eers meer in Suid-Afrika is nie. Amazing!"
"Pragtige vakansiedorp, vriendelike mense asook skoon strate. Geen bedelaars by robotte of stopstrate nie. Rustige omgewing en skoon vars lug. Restaurante te kies en keur. Lieflike dorp."
"I think Fouriesburg is a great launching pad for Lesotho and Clarens. I would recommend Fouriesburg to anyone looking to stay in that part of the country. It is very quiet and rural, with no hustle and bustle, which would suit travelers who don't want the busy environment of Clarens."
"Clarens is enig in sy soort, in die mooiste omgewing en altyd baie lekker om 'n blaaskans daar te geniet. Die winkels van Clarens is baie interessant, maar bietjie duur."
"Baie slaapplek, die gebied bleik veilig te wees. Alhoewel dit naby aan die snelweg geleë is, is dit steeds 'n rustige omgewing sonder enige merkbare versteurings. Ek het tot dusver nog met elke besigheidsreis in hierdie area oorgebly, en was tot dusver nog nie teleurgesteld oor my besluit nie."