Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35608 reviews.
"Dit is een van die netjieste strande in SA ongeag al die konstruksiewerk wat plaasgevind het gedurende ons verblyf. Dit is seker nodig om die strandfront verder op te gradeer."
"Lambertsbaai sal altyd 'n plek in my hart hê - die vriendlikheid en al sy restaurante - daar is altyd iets om te doen en hy spog met fantastiese strande."
"Struisbaai is die rustigheid waarvoor 'n mens soek, maar ook 'n lekker plek om jouself uit te leef."
"A "must" on the flower route. Get there early in the season (late July / early August). September might be too late."
"`n Karaktervolle wêreld met baie kultuur, geskiedenis, natuurskoon en passievolle mense. "
"Geen vars vis te koop! Wat gaan aan? Die calamari by Weskuskombuis is uit die boonste rakke. Jammer so ver van Kaapstad anders was ons elke tweede aand daar. Lambertsbaai se mense is ons soort mense. Voor aanbouings 3 ster, na aanbouings gewis 4 ster."
"Pryse is buitensporig vir Suid-Afrikaanse toeriste en toegangsgelde om sekere besienswaardighede te sien ook buitensporig. Oudshoorn het net die oorsese toeris in gedagte en dink nie aan die Suid-Afrikaner wat ook wil toer nie."
"Pragtige dorp, skoon skoon skoon. Almal, van die pompjoggie tot die restaurantpersoneel, tot die werkers op straat gaan uit hul pad om ons op die hande te dra. Vriendelik en aangenaam. Dit was voorwaar 2 heerlike dae van ontspanning en geniet. "
"Hartenbos gee n lekker onstpanningsgevoel sodra jy die plekkie binne ry. Ek vertrou dat die nuwe speelparke wat gebou word nie te duur sal wees nie. Ek sal baie beslis weer by Suidersee 'n bespreking maak! Thumbs up for Suidersee! You guys rock!"
"Die dorp is skoon en mense is vriendelik. Nie veel om te doen in die dorp."