Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35325 reviews.
"Baie lekker wyn by Soetkelkers, heerlike cappuccino by die hotel en 'n baie skoon dorpie. Ons derde besoek aan Prins Albert en sal dit weer doen."
"Op ons gasvrou se aanbeveling het ons by 4 Sheep gaan eet wat reg by die Caltex motorhawe is. Ons het die aandete so geniet dat ons eers weer die volgende oggend daar ontbyt gaan eet het. "
"Persoonlik vir my en my vrou was die Old Oak Gastehuis uitstekend naby die familie waar ons gaan kuier het tydens die troue van hul oudste seun."
"Moet nooit die dorp verander nie. Dit is een van die mooiste plekkies in ons land waar 'n mens ook van ons geskiedenis kan leer."
"Die restaurante se besigheidsure is net bietjie swak. Enigste plek wat oop was vir aandete was Spur. Mens wil tog nie elke keer by Spur eet nie. Dit raak afgesaag."
"Eerste besoek aan Barrydale. Pragtige dorpie, sal weer daar stop. Nuwe restaurant, Giuseppe's, was heerlik!"
"Karoo Nasionale Park is die ding om te doen. Vriendelike personeel, goed versorgde park en goeie snuisterywinkel met 'n koue bier as bonus! "
"Maklik om vanaf die gastehuis na die lughawe ens te reis. Ideaal as mens iemand het wat in een van die nabygeleë hospitale is. "
"'n Fantastiese pragtige plekkie wat my aan my kinderjare laat dink. Gaan definitief weer daar kuier."
"Ons het persoonlik nie van Hermanus gehou nie, was net te besig oor die algemeen. Restuarante was vol en so ook die strande. Groot irritasie was die hoeveelheid honde op die strand? Ons het ook honde, maar is nie gemaklik met honde op die strand nie! Ons het Hermanus besoek ondat ons miskien 'n eiendom daar wou koop, maar het nou daarteen besluit."