Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 59829 reviews.
"Daar is rerig nie veel om te doen behalwe die grotte en volstruise nie..."
"Pragtige omgewing. Ons het vir `n dag na Die Hel gery. Die bergpas is skrikwekkend, maar ook asemrowend. Heerlike etes gehad by die Swartberg Hotel."
"If it means waterways, perfect. But also good restaurants and shops / malls. Nice surroundings, we found it real good. We have enjoyed it."
"Baie mooi en skoon. Veilig om daar te bly. Dit is die moeite werd om Paternoster te besoek. Vir die natuurlustige persoon is daar baie om te sien: voëls, robbe, insekte, klein wild."
"Dis 'n lekker stil dog groot vakansiedorpie. Alhoewel daar nog nie baie besighede is nie, is dit aanvaarbaar."
"Klapmuts is 'n landelike gebied met plase en kleinhoewes. Daar is wel 'n dorpsgedeelte met meer as een supermark (een daarvan, Pick n Pay Express wat deurnag oop is) en brandstof. Daar is baie toeristebestemmings binne 15 minute vanaf Klapmuts. Die enigste waarskuwing: die grondpaaie af van die hoofroetes vra geduld en respek. "
"Seepunt is werklik 'n wonderlike plek vir toeriste en plaaslike mense."
"Die mense is so vriendelik, veral die apteekassistente en die mense in die besighede! Voorwaar `n pragtige vakansiebestemming."
"Doringbasi is rustig, vreedsaam en vriendelik. Fryers Cove het die beste vis van Kaap tot Kairo."
"Dis 'n baie lekke bestemming. Dit gons van energie, maar ook nie te besig nie. "
"Vredendal is pragtig hierdie tyd van die jaar wanneer die wingerde so groen is."
"Mooi plek, maar nie baie beïndruk nie. Het seker maar te vinnig daar deur gereis. "