Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 59829 reviews.
"Goed om deur te ry en rustig, maar die tyd van die jaar is daar nie veel te doen nie. Klawer-wynkelder was 'n goeie besoek. Die dametjie het 'n baie goeie wynproe aangebied."
Glencairn Heights, Western Cape
Shell's Place"Ideally situated between Simon's Town and Muizenberg, and Kommetjie is nearby. I don't think Glencairn Heights in itself is 'n tourist attraction, but 5 to 10 minutes drive takes you to the beaches of False Bay and the Atlantic seaboard. "
Wilderness Heights, Western Cape
Plumes"Dis pragtig, kort meer bewusmaking veral hier in die stede. "
"Daar is nie veel te doen behalwe loop, eet, rus en swem nie, maar die eetplekkies is lekker, klein winkeltjies is oulik en die mense is vriendelik. 'n Heerlike vakansiedorp met breë strate en groot ou huise. Jammerte is dat daar soveel leë besigheidspersele in die dorp is. Miskien is dit 'n geoeie geleentheid vir 'n entrepreneur!"
"Baie oulike plekkie. Alhoewel Mariners Wharf sterk aanbeveel word, moet mense die moeite doen om verby te ry en by Snoekies iets te eet – lanklaas sulke lekker seekos geëet!"
"Baie sentraal vir diegene wat 'n bietjie in die Wes-Kaap wil toer, en 'n baie goeie en netjies se strand."
"Grabouw bied 'n hele paar versteekte juweelwynplase, buiten die baie bekende Peregrine Padstal. Lekker plek, Afrikaans, minder hoofstroom as Stellenbosch. Puik!"
"Dis jammer dat die meeste plekke toe is oor 'n naweek, maar andersins is dit 'n baie goeie bestemming"
"'n Besoek aan Voel-eiland word sterk aanbeveel. Die malgas broei-kolonie is iets besonders."
"Baie mooi dorpie met vele besienswaardighede en inkopiesgeleenthede. Gerieflike wegspringpunt na baie bestemmings as mens op 'n vakansie reis is. "
"Melkbosstrand is a bit further out from the city, but having dinner with the sun setting over the ocean from one of the many lovely restaurants makes you feel calm and relaxed. The best of both the west coast and Cape Town... my favourite place to stay in the Cape."
"Bettysbaai is gerieflik geleë om as 'n basis te gebruik terwyl jy die omgewing naby en selfs so ver as Grabouw en Hermanus verken. Die pragtige fynbos van die omgewing en die Kogelberg Natuurreservaat is onvergeetlik mooi."
"Oulike dorp! Kon als kry wat ons gesoek het en almal was vriendelik!"
"Pragtige dorpie met oulike winkeltjies, galerye en koffiehuise / restaurante. Die natuur en omgewing is pragtig - Lords Wynkelder is 'n belewenis, asook die lodge/ restaurant / trouvenue met panoramiese uitsigte. Eseltjies by Esetjiesrus raak aan mens se hart. Pragtige huise en geboue!"
"De Rust has always been a favourite for me (it has nothing to do with the fact that I was born in Oudtshoorn). There is so much to see around De Rust and may places to enjoy a meal and a drink."
"Wat 'n mooi dorp. Die geskiedenis is fantasties. Ek het gesukkel om Carina by die 'Fairy and Elf Kingdom' weg te kry!"
"Pragtige, netjiese dorpie, met oulike restaurante en winkeltjies. 'n Mens voel rustig en kalm in die blomryke atmosfeer. "