Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.52 uit 5 gekry volgens 19703 resensies.
Amanda E. - 16th January 2017
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Pragtige ou dorpie met wynplase - kan vir niks meer vra nie!
Jacques S. - 16th January 2017
staying in Mouille Point, Wes-Kaap
Pragtige ligging.
Kobus C. - 16th January 2017
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Mooi dorp, net jammer oor die geweldige brande en droogte.
Frederik S. - 16th January 2017
staying in Sederberg, Wes-Kaap
Rustig en 'n baie mooi area van ons land.
Yonee H. - 15th January 2017
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Uitstekende vakansiebestemming! Daar is mooi strande om van te kies en verskeie uitstekende en gesellige restaurante om van te kies - almal binne loopafstand. Dit is 'n mooi rit al langs die kus na Kaapstad-sentrum en nie te ver nie.
Elizabeth F. - 15th January 2017
staying in Durbanville, Wes-Kaap
Baie sentraal ten opsigte van verskeie Kaapse besienswaardighede en besigheidsdoeleindes.
Louise S. - 15th January 2017
staying in Velddrif, Wes-Kaap
Die dorpie bied vriendelike bekostigbare verblyf en kuierplekke. Dit is ideaal geleë aan die Weskus om daagliks ander plekke te gaan verken en te besoek. Dit is 'n aangename stil plekkie vir 'n rustige wegbreek.
Marietjie S. - 15th January 2017
staying in Strandfontein, Wes-Kaap
Dit moet nooit verder ontwikkel nie. Hou van die plek soos dit is. Besoek die plek al die afgelope 21 jaar. Die kaffee kan dalk meer voorraad aanhou.
Santa B. - 14th January 2017
staying in Calypso Beach, Wes-Kaap
Pragtige skoon strand en ongerep. Dit sal jammer wees as dit kommersieel raak.
Ronel B. - 14th January 2017
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Swellendam is 'n wonderlike dorp en definitief die moeite werd om te besoek.
Emil S. - 14th January 2017
staying in Vermont, Wes-Kaap
Baie rustig en stil.
Joseph N. - 14th January 2017
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Gesellige stad!
Jan K. - 14th January 2017
staying in Bellville, Wes-Kaap
Baie rustig, sal dit aanbeveel.
Jacqueline V. - 14th January 2017
staying in Napier, Wes-Kaap
Dit is 'n daguitstappie werd.
Jan K. - 14th January 2017
staying in Glencairn, Wes-Kaap
Baie goed geleë, omring deur pragnatuur en toerisme-aantreklikhede.
Eugene B. - 13th January 2017
staying in Vredenburg, Wes-Kaap
Goed geleë naby al die Weskus se strande en dorpies.
Carin B. - 13th January 2017
staying in Die Boord, Wes-Kaap
Near Stellenbosch centre. We walked there as well. Went to Uncle Sammie's shop, ate great food at Winehouse Restaurant, cycled through the vineyards, ate at Tigers Milk.
Carin B. - 13th January 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Besoek die KAngo-grotte en gaan eet by Jemina's.
Elsabe V. - 13th January 2017
staying in Voorbaai, Wes-Kaap
Dit is teleurstellend om te sien dat die roomyswinkeltjie op die strand nie oop is nie / of reeds toegemaak het vanaf die 2de Januarie. Die waterwurms was ook gedeeltelik toe vir herstelwerk - dit is nog vakansietyd. Almal wil nog voel asof die vakansie-atmosfeer daar is.
John W. - 13th January 2017
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Baie stil, maar mooi.
Jan P. - 13th January 2017
staying in Greyton, Wes-Kaap
Aangename wegbreekbestemming vir 'n naweek.
Annelene G. - 13th January 2017
staying in George, Wes-Kaap
George/Mosselbaai is van die skoonste dorpe in die land.
Anne M. - 13th January 2017
staying in Rawsonville, Wes-Kaap
Die plek is ideaal geleë vir toeriste wat na 'n bedrywige dag wil gaan rus. Die kliëntediens in al die winkels was uitsonderlik goed. Dis van die min plekke waar 'n mens nog kliphard gegroet word. Dit is 'n vriendelike dorp waar 'n mens goeie vriende kan maak.
Thea D. - 13th January 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Lots of nice restaurants, coffee shops and things to do.
Telana N. - 13th January 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Baie warm in Oudtshoorn. Baie om te sien.
Erelene W. - 13th January 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Lots to do and to explore - young and old.
James K. - 13th January 2017
staying in De Kelders, Wes-Kaap
Beautiful.
Pieter V. - 13th January 2017
staying in Vermont, Wes-Kaap
Die strandpaadjie is heerlik om in die oggende te stap!
Beverley K. - 13th January 2017
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Loved exploring the wine farms. I've forgotten how awesome some of them are. Also enjoyed wandering up and down Church Street and exploring the cafes and galleries.
Roxanne S. - 13th January 2017
staying in Constantia, Wes-Kaap
Constantia is quite central to everywhere else in Cape Town. It's quite safe, has lovely views and plenty of nearby facilities.
Andre N. - 13th January 2017
staying in Franskraal, Wes-Kaap
Franskraal is 'n baie rustige dorpie wat ek weer sal besoek.
Donald G. - 12th January 2017
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Love Somerset West. The SPAR at Lion Square is awesome as they cater for Germans.
Jan M. - 12th January 2017
staying in Montagu, Wes-Kaap
Iets van alles: natuur in die dorp, goeie museums, mooi kerkgebou, goeie eetplekke en lekker droë perskes.
Belinda G. - 12th January 2017
staying in Voorbaai, Wes-Kaap
Min parkering in spitsytd.
Louanne M. - 12th January 2017
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Book your restaurants well in advance or you will not get a table easily, especially in December. Most restaurants are closed over Christmas and New Year.
Fred B. - 12th January 2017
staying in De Nova, Wes-Kaap
Mosselbaai is naby 'n paar goeie strande en met die nuwe glybaanswembaan wat geopen het, is daar baie om te doen vir die kinders.
Martie C. - 12th January 2017
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Die mooiste klein historiese plekkie met die pragtigste Kaapse huise, tuine, museums, wynplase en kultuur. Te veel om in een dag te sien.
Elsabé V. - 12th January 2017
staying in Constantia, Wes-Kaap
Lieflike omgewing en gedeelte van Kaapstad. Baie besienswaardighede. Was dit nie vir my vlug terug na Pretoria toe nie, sou ons graag langer wou bly om al die besienswaardighede onder meer Kirstenbosch, ens. te besoek.
Christiaan F. - 12th January 2017
staying in Kampsbaai, Wes-Kaap
Ongelooflik baie mense, veral op 'n Sondagoggend waar baie drawwers die sypaadjie gebruik. Die restaurante is baie duur, baie klein en beknop. Mense kom veel eerder vir die see en uitsig as vir die eet of vermaak.
Annelien S. - 12th January 2017
staying in Noordhoek, Wes-Kaap
Sentraal en naby al die toeriste-aantreklikhede.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za