Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36612 resensies.
"'n Versteekte diamant vir almal wat lief is vir 'n goeie wegbreek uit die stad se gedruis."
"Calitzdorp is my hartsplek aangesien my wortels daar lê - dit is 'n rustige, beeldskone dorp waar mens die vrede van die Klein Karoo ten volle kan ervaar. Daar is restaurante en wynkelders vir die fynproewer en wynkenner, asook talle besienswaardighede. Net die dorp om jou batterye te herlaai voor jy terugkeer na die stadsgewoel."
"Verskeie besighede ongelukkig vroeg toe op 'n Saterdag. Pragtige, rustige kusdorp. Ongewenste rondlopers kan problematies raak. Dit moet fyn dopgehou en goed bestuur word."
"Die hartjiedorp. Oral hang hartjies gemaak van optelskulpies wat die plaaslike gemeenskap maak vir 'n inkomste. Daar bly vriendelike hartsmense, wat 'n pragtige, skoon en netjiese dorpie."
"Beautiful clean town with a warm and friendly vibe. We would like to return soon to explore it further."