Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 44595 resensies.
"Volgens ons die beste see-vakansieplek. Geniet die see tot so 10 to 11 uur die oggend, dan kom die wind op. Dan is Boland, Kaapstad, Franschhoek, Stellenbosch, Somerset-Wes alles binne 'n uur se reis."
"Die bekoring van Ladismith is die sjarme van die dorpie, sonder om toeristerig te wees. Dié plek sien ons beslis weer!"
"Dis baie lekker naby die see en vermaaklikheid en die veiligheid is tops. Sal enige tyd na Calypso Beach gaan vir 'n volgende wegbreek."
"Die dorpie is nog klein en daar is nog nie veel om te doen daar nie behalwe ontspan."
"Quiet neighbourhood, and if you do not mind taking a short drive or a long walk to lagoon."
"Hoop ons kan volgende keer iets te siene kry by 'The Showroom'. Só 'n baie oulike aanwins vir Prince Albert. "
"Dis so rustig! Jy kan werklik net ontspan en die wonderlikste kos by enige van die verskeie restaurante kry."
"Great destination with beautiful surrounding and private little Oyster Bay beach. Very safe and relaxing and enjoyable views. One appreciated the unspoilt natural creation."
"Bellville is 'n groot area maar Welgedacht, Van Riebeeckshof en daardie area in Bellville 'n groot ja."
"Dis uitstekend geleë soos alreeds genoem. Dit is selfs naby 'n sentrum maar tog in 'n stil woonbuurt."
"Groot-Brakrivier is 'n wonderlike deel van Suid-Afrika. Perfek geleë, met pragtige wit strande en vriendelike mense."
"Om oor te bly in Wellington kan van plekke deur toeriste in die omgewing besoek word. "
"Table View is goed geleë om Kaapstad beter te leer ken. Naby swem strande geleë. Kan aanbeveel."
"Een van die mooiste dorpe in die land. Baie besienswaardighede. Sal definitief dit weer moet besoek."
"Baie rustig en veilig. Hope aktiwiteite en besienswaardighede reg rondom Lake Brenton."