Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 59829 reviews.
"Die weer was baie mooi gewees. Dis rustig en naby die see om te stap en die vars lig te geniet."
"Small and cosy town. Beautiful views and great for morning walks. Close to other towns within the garden route. Loved it!"
"Daar is baie aktiwiteite om te doen in Kaapstad en daarom is dit die geskikste plek om bietjie te toer."
"It is in a far place, I must say, but I'm never regretting booking because of the beauty of the place."
"Wat 'n fantastiese plek. Nie net mooi nie, maar almal is so vriendelik en trots op hulle dorp. Ons sien julle binnekort weer."
"Covid-regulasies het sy nadele. Ons sou graag wou fliek, maar cinemas is slegs naweke oop."
"Ons kom al jare in Kleinmond. Baie lief vir die plekkie. Sjoe, die plekkie by die Spar waar ons slaptjippies vir die klomp seuns wou koop is nie 'n plekkie wat ek maklik weer sal ondersteun nie. Die oom was nors, vreeslik duur vir die porsies en gehalte wat ons gekry het. Dis 'n jammerte. Ek hoop iemand help die oom om bietjie aan te pas sodat hy sy deure kan oophou en deel bly van die awesome dorpie en besighede en mense wat bydra om die plekkie, Kleinmond, so great te maak."
"Visit Greyton and see for yourself. It is a quiet and lovely town to walk, cycle and rest."
"Covid het maar seker 'n vinger in hierdie pie, want daar is aansienlik minder winkeltjies oop en restaurante om van te kies is ook heelwat minder. Maar die dorpie is mooi skoon en natuurlik is die natuurskoon 'n bonus."
"Merweville is 'n hartsplek vir my. Elkeen wat lief is vir die Karoo moet op Merweville gaan oorbly. Woon 'n kerkdiens by in die pragtige kerkgebou. Ry na die uitkykpunt vanwaar mens oor die hele dorp kan sien. Elkeen wat die Boekklub geniet het, moet beslis by Die Boekklub restaurant gaan eet - die kos was uit die boeke."
"Stellenbosch bly een van die voortreflikste toeristebestemmings in die wêreld en 'n moet vir wynliefhebbers wat graag die wynplase in die omgewing wil verken."
"Knysna is 'n groot aantrekking vir almal, maar ek dink al die plekkies rondom Knysna maak dit soveel meer aantrekliker."
"Beautiful countryside to get away and relax. It's about a 2 to 2.50 hour drive from Cape Town, traffic dependent, making this an ideal weekend getaway."