Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.57 uit 5 gekry volgens 37560 resensies.
Letzie W. - 29th September 2016
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Oudtshoorn lê ons baie na aan die hart weens die Grootvoël Boeremusiekfees wat die afgelope 3 jaar daar gehou word.
Wendy B. - 29th September 2016
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Ek sal baie baie graag die eienaar/s van hartenbos slaghuis wil geluk wens met die wonderlikste, heerlikste vleis wat ons daar gekoop het. Die hele slaghuis is so uiteengesit en toegerus om enige dagkamper of vakansiegangers wat wil braai so gemaklik te maak, want daar is van tuisgemaakte slaaie tot die heerlikste vleissoorte om van die kies. Daar is hout, steenkool, tange, houtaanstekers, roosters en nog wat. Die mense wat jou bedien is van die boonste gehalte en reg met goeie raad en hulp en die vriendelikheid straal uit hulle uit. Hartenbos slaghuis, julle is bobaas en ek wens dat julle aflewerings in Uitenhage gedoen het, want daai poniesterte van julle is iets uit hierdie wêreld. Weereens baie dankie. Julle sien ons gou weer.
Tessa L. - 29th September 2016
staying in Nature's Valley, Wes-Kaap
Its a beautiful area. The beach is a stone's throw away. It's pitch black at night which is awesome. The sound of the waves at night is very relaxing. Even without street lights we felt safe as ADT patrolled up and down the street all night long. Was delighted to see buck at the side of the road. Lovely area and not from many interesting sights, birds of Eden, Monkey and and many more.
Mario H. - 29th September 2016
staying in Stilbaai, Wes-Kaap
Stilbaai self, baie mooi uitsig, see pragtig en skoon. Die Stilbaai gemeenskap nog so bietjie voor '94, die pub het nog ou SA flag so ek was bietjie bekommerd. Die klein juwelierswinkel waar ons so bietjie soos kriminele gehanteer was, was nogal iets om oor te praat die aand langs die kaggel. Maar die feit dat daar geen goeie restaurante was nie, is nogal 'n groot teleurstelling, maar sal wel weer daarheen wou terugkeer.
Chantell O. - 29th September 2016
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Ons was daar vir 'n visvang-kompetisie, so het nie baie tyd gehad om rond te kyk nie, maar sal teruggaan vir 'n naweek om meer van die plek te sien, veral in die somer.
Riaan S. - 29th September 2016
staying in Golden Mile, Wes-Kaap
Oorweeg om 'n vakansiehuis daar te koop!
Alan J. - 29th September 2016
staying in Witsand, Wes-Kaap
'n Baie lekker plek as die regte akkommodasie gekies word.
Pj D. - 29th September 2016
staying in Riebeek-Kasteel, Wes-Kaap
Jammerte dat wetgewing wynplase in die Swartland streek forseer om teen 14:00 toe te maak op naweke (mag nie dan meer drank bedien nie). Dit is tog die hoof aantreklikheid vir toeriste wat dan moet wonder wat om met hulself te doen vir die res van die dag. Ek dink dit kelder beslis die toeristebedryf waarop ons land so staat maak.
Tracey V. - 29th September 2016
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Paternoster is beautiful.
Frikkie K. - 29th September 2016
staying in Calypso Beach, Wes-Kaap
Calypso Beach is werklik asemrowend mooi en baie rustig met restaurante stap afstand van Lodges (Sal nie omgee om daar eiendom te besit nie).
Josef B. - 29th September 2016
staying in Botrivier, Wes-Kaap
That is quite a river!
Werner B. - 29th September 2016
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Besoek die wynplase en maak verseker 'n draai by die Saronsberg Teater en Things I Love in die dorp.
Alphonso G. - 29th September 2016
staying in Weskus, Wes-Kaap
Hou dit klein en "privaat" asseblief. Dit is die bekoring.
Paul K. - 29th September 2016
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Pragtige dorp met soveel geskiedenis.
Theo O. - 28th September 2016
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Paaie moet herstel word.
Brenda G. - 28th September 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
We thoroughly enjoyed our brief stay in Langebaan. There were road works which led to a great deal of confusion but once complete the good roads will enhance the area. The scenery and of course the flowers are magnificent and Langebaan is nice and central. Good dining available and everything a traveller could wish for.
Callie K. - 28th September 2016
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Gorgeous town, worth visiting.
Daleen V. - 28th September 2016
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Die kombinasie van see, walvisse, berge, top-restaurante en wynplase sorg vir 'n baie spesiale ervaring.
Bertus M. - 28th September 2016
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Baie mooi wêreld met die berge, wingerde en ander besienswaardighede, paaie ry lekker.
Ida D. - 28th September 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Genoeg om te doen en sien in die omliggende omgewing.
Ida D. - 28th September 2016
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Lieflike bestemming en omliggende omgewing.
Drik H. - 28th September 2016
staying in Die Boord, Wes-Kaap
Kort behoorlike eetplek vir aandete.
Ida D. - 28th September 2016
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Goeie ligging om besoek te kan bring aan soveel ander omliggende dorpies.
Andeli B. - 28th September 2016
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Ons het die Murludi Hiking Trail gaan doen. Ons het die volle 10 km gestap. Dit was baie meer uitdagend as wat ons gedink het dit gaan wees, maar definitief die moeite werd! Die uitsig was ongelooflik! Ons het ontbyt geëet by Things I love en ons het baie lekker geëet! Ons kan nie wag om weer Tulbagh toe te gaan nie.
Margaret S. - 28th September 2016
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Sal dit aan almal aanbeveel. 'n Moet vir enige reisiger. Goeie restaurant. Geluk aan die toeriste-organisasie.
Iwan B. - 28th September 2016
staying in Thesen Islands, Wes-Kaap
Pragtige plek.
Koos F. - 28th September 2016
staying in Knysna, Wes-Kaap
Die dorp self doen dit nie meer vir my nie, te besig en parkeerplek 'n probleem. Daar word te veel van dieselfde produkte aangebied en te oorweldigend vir die toeris. Die omgewing buite die dorp en wat alles besigtig kan word is 'n groot inspuiting vir Knysna.
Elzanne N. - 27th September 2016
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Pragtige dorpie met baie om te doen.
Marianne Y. - 27th September 2016
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Oudtshoorn is 'n dorp wat 'n mens baie maklik kan geniet oor die vriendelikheid van die dorpsmense.
Russell B. - 27th September 2016
staying in Brenton-on-Sea, Wes-Kaap
Great plek vir 'n besoek.
Biebies B. - 27th September 2016
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Enige toeris se droom.
Chantal M. - 26th September 2016
staying in Franskraal, Wes-Kaap
Fantastiese, rustige plek. Mooi skoon strande en ek het veilig gevoel om met my seun af te loop strand toe. Al die inwoners is vriendelik en mens voel sommer tuis.
Willem K. - 26th September 2016
staying in Vanrhynsdorp, Wes-Kaap
Nie veel om te sien nie. Die omgewing is beter.
Valerie S. - 26th September 2016
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Sou graag meer dinge wou doen, maar het gevind dat dit vir die gewone mens onbetaalbaar duur is, soos byvoorbeeld die bote wat uitgaan om walvisse te kyk.
Joan A. - 26th September 2016
staying in Vanrhynsdorp, Wes-Kaap
The purpose of our visit was to see the "flowers". We visited the Museum which we enjoyed. We enjoyed our meal in a local restaurant and the surrounding scenery is beautiful.
Corrie V. - 26th September 2016
staying in Table View, Wes-Kaap
Die eetplekke is baie naby en die versoeking om almal te besoek was groot! Ons het orals heen gestap en van die lekkerste plekke ontdek.
Corene B. - 26th September 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Strand is sentraal geleë t.o.v. die belangrikste besienswaardighede en wynroete. Spitsverkeer is net 'n wesenlike probleem.
Leon En Dorothy L. - 26th September 2016
staying in Vanrhynsdorp, Wes-Kaap
Vol geskiedenis. Die kwekery is 'n moet. Eetplekke is skaars.
Zukiswa M. - 26th September 2016
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
I visit Mossel Bay every year same time and its always a pleasant experience, only this year parking was a bit of a problem in the Hartenbos area.
Lynne K. - 26th September 2016
staying in Sedgefield, Wes-Kaap
Restauranteurs should allow dogs, as happens in Cape Town: my standard poodle is better behaved than any young children.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]