Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Jare gedreig om dit te besoek en het dit uiteindelik gedoen. Jy sal nie spyt wees nie. 'n Bucket list-ervaring!"
"Pragtig! Heerlik wyn! Vriendelike mens! Baie buitelanders tydens ons besoek. Winkels maak meestal voorsiening vir buitelandse toeriste, so ons het nie enige iets gekoop nie. Populêre restaurant is vol geboek so boek vroegtydig."
"Klein dorpie met genoeg dienste soos vars vis, hout, ensovoorts sodat dit nie nodig is om na die groter aanliggende dorpe te ry nie. Fryers Cove, 'n restaurant en wynkelder is ook pragtig en stapafstand van hierdie akkommodasie. Strandfontein is baie naby vir ander behoeftes, of Lutzville of Vredendal vir groter aankope. "
"Dit is beslis 'n rustige en veilige area. Daar is lekker eetplekke en winkelsentrums naby. Baie om te doen."
"'n Ongelooflike mooi plek wat hopelik net so sal bly! Ons sal weer en weer daarheen gaan. Daar is nog so baie wat ons daar wil doen."
"Dit bly 'n oulike dorp op die R62-roete en ons sal sekerlik weer teruggaan indien moontlik."
"Lekker plekkie, maar Beaufort-Wes is opsigself nie baie skoon nie, maar andersins was daar nie enige probleme nie."
"Pragtige, skoon dorp. Heerlike pizza restaurant en 'n baie oulike deli. Gaan loer gerus in by Pepe the Cheesemaker op Imhof Farm vir besonderse bokmelkkaas en 'n lekker geselsie oor die regte manier van kaasmaak. "
"Pragtige Karoo-dorpie wat ons nou al spesiaal raak ry oppad af Kaap toe. Die rustigheid van die omgewing en dan nog die pragtige natuurskoon is ook so lekker. Definitief die moeite werd om te kom."
"Probeer gerus die 4 Sheep restaurant en deli. Bespreek ook eerder in 'n ander straat as die hoofstraat, soos bv. Voortrekkerweg indien jul nie hou van baie geraas nie. Voortrekkerweg het lieflike oornagplekkies."
"Wildernis is natuurlik geskik vir oorsese toeriste, maar as jy moeite doen, kom jy op die hart van die dorp en sy inwoners af. Dit is 'n vriendelike dorpie en baie skoon en georganiseerd. Ek is natuurlik 'n boswese en kon heerlik op die paaie in die woud stap en die natuur geniet. Daar is ook soveel plekke waar jy net die uitsig rustig kan sit en geniet."