Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35608 reviews.
"Nie veel om te doen nie, maar kan beslis hier bly vir 'n dag of twee. "
"Ek glo daar is seker mooi plekke, maar ek het nie veel rondgekyk nie. Waar ek was, was dit onveilig."
"Prins Albert is 'n gunsteling-wegbreek vir ons, want die dorpie is pragtig skoon, uitstekende restaurante en pragtige natuurskoon. Die ideale Karoo-vakansie met baie opsies en vermaak. Die teater is altyd 'n hoogtepunt!"
"Eerste keer wat ek werklik daar rondbeweeg het. Baie lekker plek met vermaak in die omtrek."
"Hartenbos is 'n lekker vakansieplek waar mens so lekker kan ontspan. Alles is lekker naby mekaar."
"Heerlike sakesentrum met verskeie intieme restaurante. Gerieflik naby aan Kaapstad en lughawe. "
"Pragtige plek met heerlike stoep-eetplekke en die see so wyd as wat die oog kan sien is asemrowend. Al het die wind die tweede dag van ons verblyf sommer lekker sterk gewaai, het dit ons nie gepla nie."
"Die plaaslike gemeenskap is gedurig aan die bedel of soek borgskappe of wil iets verkoop al het jy nee gesê. Dit sal moet stop, want saam met die oralteenwoordige waarskuwings oor geringe misdade, raak dit in 'n klein tydjie te veel. Verder is dit een van die mooier plekke waar ek in 'n lang tyd gekuier het. "
"Jacobsbaai is 'n stil, rustige plek met sy eie rustige pas. Dit is nie 'n swemstrand nie, maar as jy visvang of net die rustigheid van die weskus wil ervaar is dit aan te beveel."
"Dis 'n stillerige plek weg van die hoofroetes af, maar dis die natuurskoon en rustigheid wat ons trek. "
"Lochenerhof is 'n veilige, gevestigde woonbuurt wat naby die see, winkelsentra en wynroetes geleë is."
"Ons het 'n huurkarretjie gehad, maar dit was veilig om die motor by die Bayside Shopping Centre te parkeer en die MyCity publieke vervoer Waterfront toe te neem."
"Not the greatest attraction for me and the roads to the destination was in shocking condition."