Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6547 reviews.
"Dis 'n baie lekker plek. Ons het by Benguaela Blue middagete geniet en die kos was heerlik. Diens vriendelik en die pryse redelik. Selfs as Suid Afrikaners wat altyd bedag is op misdaad, voel mens ongelukkig ietwat onveilig. Ons is selfs op die strand deur 'n kreefsmous gekonfronteer. Ons het nie die helfte van die goed gedoen wat ons wou nie en sal beslis weer gaan! "
"Die dorp is vuil en vol papiere en die hulle kan dit gerus weer skoon en mooi maak."
"We loved the restaurant which was recommended and booked for us, which was in Strandfontein."
"Rustig en stil met alles wat jy nodig het naby. Uitstekende restaurante en pragtige strand weg van die geraas van die stad."
"My gunsteling-vakansiedorp. Eks absoluut mal oor Paternoster. Gaan definitief weer terug."
"Quaint little seaside town with lots of lovely restaurants. Hoping to return one day."
"Britanniabaai is die beste deel van St Helenabaai. In St Helenabaai self is die reuk van die visfabrieke oorweldigend, veral in digte mis."
"Die oorspronklike onaangetaste argitektuur en kultuur van die dorp en sy mense is regtig iets om te beleef! Gaan maak gerus 'n draai op die kaai veral nou met snoektyd."
"Pragdorpie met 'n spesiale bekoring. Jammer vir soveel aanbouings, dit gaan die dorpie sy bekoring laat verloor, maar sal steeds daar wil kuier."
"Yzerfontein mag 'n klein plekkie langs die Weskus wees, maar daar is tonne om te doen en dis 'n pragtige plek. Die mense is vriendelik en mens voel altyd welkom."
"Ons het die Museum besoek en die geskiedenis van Lambertsbaai is baie interessant mens het nooit gegaan. Baie mooi plek gaan beslis weer."