Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6547 reviews.
"Vriendelike mense. Alles amper binne loopafstand. Ons gunsteling-Weskus-wegbreekplekkie."
"St. Helenabaai moet mens met 'n stadige pas benader. Dit is 'n stil plek met vriendelike mense. Hier word jy geforseer om te rus."
"Yzerfontein bied verskeie dienste en het 'n hele paar eetplekke. En 'n 16 Myl-stapstrand!"
"Was on a business trip, so not much time to explore the area. Did enjoy lunch and wine at Namaqua Wine Estate."
"Beïndruk met die atmosfeer van samewerking en ondersteuning tussen die verskillende plaaslike mense om toerisme te bevorder. Absoluut almal oral was besonder vriendelik en hulpvaardig en die kos by al die restaurante was heerlik en die diens puik."
"Die beste ooit. Geniet die mense en ook die teater waar ons onsself geniet het. Lekker eetplekke en vriendelike mense. Baie veilig."
"Paternoster is a beautiful and memorable experience! Loved the local people and got to know more about the hard and humble lifestyle of the fishermen! You have to go to Paternoster at least once in your lifetime."
"Ons het dit verskriklik geniet, sal dit beslis aanbeveel en as ons hopelik weer die geleentheid het om daardie area te besoek, sal ons weer in Thornbay bly."
"Ons is mal oor Paternoster! Dis die ideale wegbreekplek as jy in die Weskusomgewing kuier, daar is heelwat dinge om te doen en te sien. Die waterfront se interessante winkels, lekker eetplekke, die Koelkamer Teater, verskeie kuns- en keramiekgallerye, die visplek se vars visgeregte en die pragtige strande maak Paternoster uniek en baie spesiaal."
"Rustic, friendly, raw beauty that lingers and makes you long for more. Can't wait to return."
"Naby alles wat mooi en opwindend is, natuur en ander besienswaardighede. 'n Moet-besoek vir elkeen!"
"Strandfontein is 'n rustige stranddorp waar daar lekker gestap kan word met 'n pragtige uitsig oor die see. Naby Doringbaai. Waar 'n man vis, brandstof en ander benodighede kan kry. Kommetjie Restaurant (Strandfontein) het ons smaaklik geeët aan hul Seekos-bord. Waarde vir geld. Ons sal definitief weer terugkom."
"Wat sê mens. Die Weskus is 'n plek waar mense harte rustig klop, vriendelikheid en asemrowende natuurskoon roep my elke keer terug."
"There is no other place with as many beautiful people as St. Helena Bay. Living there or visiting is worth every second. A true West Coast treasure like no other."