Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6547 reviews.
"A lovely foodie town! We had a beautiful walk on the beach and enjoyed one of the best sunsets ever. "
"'n Pragtige en rustige dorpie. Daar word ongelooflik baie nuwe huise gebou wat wys dit is 'n gewilde dorpie om te bly. Ons oorweeg dit om hier af te tree."
"Lieflike gasvrye mense in 'n skilderagtige dorpie lekkerste restaurant, Isabellas."
"St. Helena is baie vinnig om 'n groot toerisme-aantreklikheid te word en as sy eers in jou hart kruip loop haar wortels diep."
"Enigste drawback as ons iets moet kies is dat die winkeltjie nie veel groente aanhou nie. Maar dis minor (soos die Engelsman sê)."
"Strand baie klein, maar uitsig baie mooi. Paaie in goeie toestand en skoon. Dankie, dit was lekker."
"Enigste negatiewe kommentaar is die swak selfoonopvangs. Moes elke dag twee keer ry om boodskappe te kon stuur en ontvang."
"Ons was vir besigheid op Vredenburg en het dus nie uitgekyk vir toeriste trekpleisters nie. Daar is wel 'n baie modernde winkelsentrum met die standaard restaurante. Daar is ook heelwat tweedehandse winkels en welsynswinkels vir diegende wat hou van rond snuffel."
"Pragtige dorpie. Ons sal beslis weer terugkom. Sentraal en maklik om al die ander kusdorpies te verken."
"Stunning village, beautiful flat beach and a breathtaking gallery, a must to go and see."
"Mens ry deur St. Helenabaai om by Britanniabaai te kom. Ek self sal nie in St. Helenabaai belê nie. Daar is baie aktiwiteit wat ek nie naby 'n residensiële rustigheid wil voeg nie. Britanniabaai is 'n baie beter opsie vir vakansie en aftrede."
"Ongelukkig het ons die Muisbosskermrestaurant gemis, maar die seekos by Isabella restaurant was heerlik, veral die seafood platter."
"Wonderlike bestemming. Die teater in die dorp is 'n pluspunt. Die restaurante voorsien in elke behoefte."