Geverifieerde Resensie

Wild Frontier

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1923 resensies.

Marlothpark, Wild Frontier

Vuurvliegie en Sonbesie

"Sommige paaie is nie heeltemal toeganklik vir 'n gewone motor nie. Verder het ons heel veilig en rustig gevoel. ek kan Marloth Park aanbeveel vir enige natuur liefhebber. Dis so lekker om die diere om jou te sien."

Marlothpark, Wild Frontier

Oribi Cottage

"Marloth vir ons is 'n bekostigbare alternatief om naby die wildtuin te wees. Dit is basies die redes waarom ons op Marloth besluit wanneer ons daardie kant toe wil gaan."

Marlothpark, Wild Frontier

The Promised Land

"Dit was 'n besige langnaweek en ons het baie lank tougestaan by die wildtuin se hekke. Wenk nr.1 vir voornemende besoekers oor langnaweke en skoolvakansies is om vooraf besprekings te maak vir dagbesoeke aan wildtuin. Dit kan op SANparke se webruimte gedoen word."

Marlothpark, Wild Frontier

South Post at Kruger

"Verwag lang toue by die Wildtuin se toegangshekke gedurende veral langnaweke en skoolvakansies, wanneer die toegelate kwota dagbesoekers beperk word. Dit is raadsaam om vooraf 'n dagbesoekerbespreking uit te neem vir die dae wat jy die wildtuin wil besoek."

Marlothpark, Wild Frontier

Marloth Getaway

"Marloth Park beskik oor basiese winkels soos 2 slaghuise, 'n tuisnywerheid, restaurante, winkeltjies wat aan die basiese en noodsaaklike behoeftes voorsien."

Marlothpark, Wild Frontier

Foxy Crocodile Bush Lodge and Kruger Safari's

"Heerlike weer. Stil en rustige atmosfeer in die bosveld tussen wildediere en die natuur. Dit is beslis 'n plek waar ek sal gaan aftree."

Marlothpark, Wild Frontier

2694 Swartwitpens

"Veiligheid van inwoners moet na gekyk word."

Marlothpark, Wild Frontier

Vuurvliegie en Sonbesie

"Dit is ons huis weg van die huis af."

Marlothpark, Wild Frontier

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Die mooiste plek waar ons nog gebly het in Marloth Park met pragtige groen grasperke."

Marlothpark, Wild Frontier

Buffalo Chalets Marloth Park

"Marloth is 'n moet vir enige natuurmens. Die winkels het my erg verbaas en die winkel by Marlothi sentrum se slaghuis het heerlike vleis gehad vir ons braai. Die langnaweek was net te kort, sal volgende keer langer gaan."

Marlothpark, Wild Frontier

Kudu Lodge

"Almal was baie vriendelik en hulpvaardig, en die besighede maak dit baie gerieflik. Daar is net 'n geweldige hoeveelheid mense of werkers wat oral in die straat rondsit of staan, wat 'n mens onveilig laat voel."

Marlothpark, Wild Frontier

Vuurvliegie en Sonbesie

"Marloth Park is fantasties."

Marlothpark, Wild Frontier

The Promised Land

"Great place to visit to get away from the city and to relax. The Watergat Restaurant is great with food and service. Lots of animals and a treat to drive or walk along the crocodile river."

Marlothpark, Wild Frontier

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Marloth Park het soveel om vir die toeris te bied van groot tot klein, van oud tot jonk. Baie naby aan die wildtuin vir daguitstappies. Marloth Park gee vir jou die vryheid om te stap, fiets te ry en nog boonop die wild te voet te loop. Met al die uitkykpunte en restaurante is dit voorwaardelik 'n lekker kuierbestemming, alleen en saam met vriende."

Marlothpark, Wild Frontier

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Wil sommer daar gaan aftree so rustig en lieflik is dit."

Marlothpark, Wild Frontier

Doringpoort: Soetdoring 1622-B Self-catering Moddervis

"The roads are very poor and is only suitable for vehicles with high road clearance."

Marlothpark, Wild Frontier

Njala Lodge

"Die toegangroetes het baie verbeter asook die in-park fasiliteite."

Marlothpark, Wild Frontier

Wildsbokkie Holiday Home

"Marloth Park is baie lekker. Moet wel sê dat as 'n mens vir dagbesoeke by die Krugerwildtuin wil ingaan, dit baie besig kan raak en mens kan lank by die hek wag voor jy inkom. Ons het vooruit bespreek om in te gaan as dagbesoekers, maar mense wat nie het nie moes baie lank wag. As jy elke dag wil gaan wild soek, bespreek eerder direk in. Ons bure het hout in die veld gaan haal een aand en 'n ander aand sommer met 'n kettingsaag 'n boom afgesny. Het dit aangemeld by Marloth se bestuur wat toe niks daaraan gedoen het nie. Was bietjie suur daaroor. Verder baie lekker. "

Marlothpark, Wild Frontier

Royale Marlothi Safari Lodge

"It is such a nice place to have a quiet yet exciting weekend away. Just wish there were still animals coming close to people. I think all the building activity and new houses have scared them off from coming near any residential areas. "

Marlothpark, Wild Frontier

Foxy Crocodile Bush Lodge and Kruger Safari's

"Van die lekkerste bosvakansieplekke in die land! Beste waarde vir geld!"

Marlothpark, Wild Frontier

Imbube Safari Lodge

"Lekker plek en die wild wat mens daar sien is fantasties. "

Marlothpark, Wild Frontier

Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis

"Baie lekker, sien baie diere. Ons het dit vreeslik geniet!"

Marlothpark, Wild Frontier

Kudu Lodge

"Die wild al langs die rivier het dit ekstra spesiaal gemaak - vir die dae wat ons nie wildtuin toe is nie het ons baie wild gesien. Die olifante het tot naby die draad gekom. In Marloth Park self het ons nie wild naby die huis gehad nie, maar soos ons heen en weer gery het baie kudu's, volstruise en kameelperde gekry."

Marlothpark, Wild Frontier

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Ek gaan self 'n erf koop in Marloth! Dit spreek boekdele!"

Marlothpark, Wild Frontier

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Lekker naby aan die Kruger en mens kry die "bos" gevoel asof mens sommer in die Kruger bly. Restaurant en winkeltjies is gerieflik en alles wat mens nodig het."

Blad
Blad 58 - Wys 1711 tot 1740
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang