Verified Reviews
Wild Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 1143 reviews.
"Port St Johns die dorpie self is redelik verwaarloos, maar die plaaslike mense daar is vriendelik en behulpsaam. Die omliggende gedeeltes is egter ongelooflik mooi. Die pad na Gecko's Place is sleg, maar hierdie area noord van PSJ is wonderlik!"
"Dink sterk daaraan om daar dalk 'n plekkie in die son te bekom en te gaan aftree. Die rustigheid is wat die plek spesiaal maak."
"Gonubie het baie beperkte toeriste-attraksies en is wel beskikbaar in omliggende areas waar jy sal moet ry om dit te kan benuttig."
"Pragtige natuurskoon, maar die dorp is verwaarloos en daar is min plekke om kos te koop. "
"Rustige stranddorp in 'n lieflike omgewing met baie besienswaardige. Sal volgende keer langer daar wil vertoef."
"Heerlike strand, geskik vir klein kindertjies. Baie rotspoele waar kinders en honde kan baljaar. "
"Port St Johns het baie om te bied. Die natuurskoon is besonders! Die mense is vriendelik, behulpsaam en goedgesind. "
"Country Klub met 'n lieflike golfbaan, twee riviermonde wat uitmond in die see, met 'n lieflike strandjie tussenin, en rotse waar branders eindeloos teen breek om jou gemoed te stil. Klein markies in die Yellow Forrest Camp, en as jy gelukkig is en op regte tyd by Keimond besoek aflê 'n kerkbasaar met heerlike tuisgebak! Definitief nie 'n moderne kusdorpie nie, maar 'n plekkie wat jou alles bied wat jy nodig het om gemaklik te wees!"
"Dit was 'n nuwe ervaring, eerste keer in Gonubie. Sal weer daar gaan bly."
"Sunshine coast is the best with cool sea breeze. I recommend for anyone who needs tranquillity and rest to come to this unspoilt beach."