Verified Reviews
Wild Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 1079 reviews.
Bushman's River Mouth, Wild Coast
River Cottage"Besoek Kenton on Sea se middel strand met laagwater, jy sal nooit spyt wees nie, voor die see al daardie pragtige rots formasies toe spoel onder die sand. Moenie bang wees om elke hoekie en draadjie te ontdek nie."
"Nabygeleë dorpie Bathurst moet beslis besoek word - die Groot pynappel, Pig & Whistle restaurant en Toposcope."
"Kidd's beach het alles wat jy nodig het. Daar is n dokter en veearts. Die OK hou alles aan wat jy nodig het."
"Gonubie het baie beperkte toeriste-attraksies en is wel beskikbaar in omliggende areas waar jy sal moet ry om dit te kan benuttig."
"Rustige stranddorp in 'n lieflike omgewing met baie besienswaardige. Sal volgende keer langer daar wil vertoef."
"Heerlike strand, geskik vir klein kindertjies. Baie rotspoele waar kinders en honde kan baljaar. "
"Country Klub met 'n lieflike golfbaan, twee riviermonde wat uitmond in die see, met 'n lieflike strandjie tussenin, en rotse waar branders eindeloos teen breek om jou gemoed te stil. Klein markies in die Yellow Forrest Camp, en as jy gelukkig is en op regte tyd by Keimond besoek aflê 'n kerkbasaar met heerlike tuisgebak! Definitief nie 'n moderne kusdorpie nie, maar 'n plekkie wat jou alles bied wat jy nodig het om gemaklik te wees!"
"Dit was 'n nuwe ervaring, eerste keer in Gonubie. Sal weer daar gaan bly."