Verified Reviews
Wild Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 1105 reviews.
"Gonubie het baie beperkte toeriste-attraksies en is wel beskikbaar in omliggende areas waar jy sal moet ry om dit te kan benuttig."
"Pragtige natuurskoon, maar die dorp is verwaarloos en daar is min plekke om kos te koop. "
"Rustige stranddorp in 'n lieflike omgewing met baie besienswaardige. Sal volgende keer langer daar wil vertoef."
"Heerlike strand, geskik vir klein kindertjies. Baie rotspoele waar kinders en honde kan baljaar. "
"Port St Johns het baie om te bied. Die natuurskoon is besonders! Die mense is vriendelik, behulpsaam en goedgesind. "
"Country Klub met 'n lieflike golfbaan, twee riviermonde wat uitmond in die see, met 'n lieflike strandjie tussenin, en rotse waar branders eindeloos teen breek om jou gemoed te stil. Klein markies in die Yellow Forrest Camp, en as jy gelukkig is en op regte tyd by Keimond besoek aflê 'n kerkbasaar met heerlike tuisgebak! Definitief nie 'n moderne kusdorpie nie, maar 'n plekkie wat jou alles bied wat jy nodig het om gemaklik te wees!"
"Dit was 'n nuwe ervaring, eerste keer in Gonubie. Sal weer daar gaan bly."
"Sunshine coast is the best with cool sea breeze. I recommend for anyone who needs tranquillity and rest to come to this unspoilt beach."
"Lekker dorp, met swemstrande en lekker restaurante. Ek kon elke dag gaan draf en veilig voel. Dis ook nie te ver nie dan kan mens die 3 Susters gaan kyk, of na Kenton on Sea toe gaan. Als wat mens nodig het is daar - selfs 'n roomyswinkel by die strand!"
"Ideale area om as basis vir vakansies en reise na omliggende plekke te dien."
"Geboue lyk pragtig van ver af, maar ver van pragtig van naby af. Natuurskoon egter, is pragtig verby, asook die see-uitsigte asemrowend."