10 Mount Champagne
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mount Champagne-oord, Champagne-vallei, 3340, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 700 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
10 Mount Champagne is in die Mount Champagne-oord in die Champagne-vallei geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende.
Die dubbelverdieping-grasdakhuis beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste insluitend kinders. Op die grondverdieping het die hoofslaapkamer 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en dié gaste het toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort en 'n bad. Op die boonste verdieping het die derde en vierde slaapkamer elkeen 'n koningingrootte-bed en hierdie gaste deel 'n aparte badkamer met 'n stort.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n kaggel en 'n TV met DStv. Alle gaste het toegang tot gratis WiFi. Die eetarea lei na 'n pragtige onderdakbraai-area.
Die oord bied 'n gemeenskaplike swembad, 'n speelarea vir kinders, 'n tennisbaan, kano's en verskeie staproetes. Langsaan is die wêreldbekende Drakensberg-seunskoorskool met optredes elke Woensdag tydens skoolkwartiere. Die Dragon Peak Resort se restaurant is ook naby.
Veilige parkeerplek en lieflike braaigeriewe is op die perseel beskikbaar.
Geriewe in die area sluit gholfbane, restaurante, 'n klein supermark, dagspa's en 'n bierbrouery in. Dit is 'n wonderlike wegbreekbestemming met baie aktiwiteite vir oud en jonk. Dit sluit perdry, abseil, helikopterritte, staproetes, voëlkyk, die Drakensberg-boomtoptoere, Zipline en visvang in.
Slaapplek
’n Bespreking by 10 Mount Champagne sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Ligging
- Mount Champagne-oord, Champagne-vallei, 3340, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 10 Mount Champagne het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Champagne Vallei Champagne Castle Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mount Champagne-oord, Champagne-vallei, 3340, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom