10 On Brightside

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

10 On Brightside is net 9 km van die buitewyke van Witrivier in Mpumalanga geleë en dit is naby gewilde toeriste-aantreklikhede. Dit bied rustige verblyf in 'n pragtige omgewing wat oor die dam kyk, en is in die veilige Eco and Aero Estate geleë.

Die woonstel bied slaapplek vir 6 gaste in 3 en suite-kamers met 'n bad en 'n stort. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word op versoek. Die ander 2 slaapkamers het koningingrootte-beddens. Al die kamers is ingerig met plafonwaaiers, DStv, yskassies, haardroërs en koffie- en teemaakgeriewe. Elke badkamer het 'n bad en 'n stort.

Dit is ruim, goed toegerus en ideaal vir byeenkomste met familie en vriende. Gaste kan die mooiste sonsondergange van die stoep af sien. Dit het 'n oopplan-sitkamer, -kombuis en -eetkamer. Daar is 2 slaapkamers op die eerste verdieping en die ander slaapkamer, sitkamer en kombuis is op die grondvloer.

Die kamers kan ook op 'n bed en ontbyt-basis bespreek word om voorsiening te maak vir sakereisigers of 'n oornagplek voor Mozambique, die Panorama of die Kruger Wildtuin.

Die landgoed het 'n gras aanloopbaan wat op eie risiko gebruik kan word as jy wil vlieg. 'n Huurmotor kan gereël word, doen asb. vooraf navraag. Die eienaars verseker 'n ervaring wat gebalanseer is met luuksheid, bekostigbaarheid en goeie waarde vir geld.

Die landgoed is aan die buitewyke van Witrivier geleë en is net 20 min van die Kruger Internasionale Lughawe af en naby Nelspruit vir gerieflike inkopies of vermaaklikheid. Ons is net 'n paar minute van Uplands Privaatskool en goeie restaurante af. Die Kruger Wildtuin en ander toeriste-aantreklikhede soos Bourke's Luck Potholes, God's Window, Blyde River Canyon en watervalle is net 'n entjie se ry weg. Klipkopje Dam is net 5 km weg en daar kan verskeie gemotoriseerde sport geniet word. Bring jou eie boot saam.

Slaapplek

'n Bespreking by 10 On Brightside sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak
  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Kroegyskas
  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 10 On Brightside gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false