10 on Sysie
Kry 25% af op alle besprekings wat 6 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 22 Des 2025 tot 27 Des 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10 Sysie Avenue, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 800R1 350 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
10 on Sysie is 'n bekoorlike selfsorgkothuis wat sentraal in Sedgefield geleë is. Dit is sowat 500 m vanaf die strandmeer, asook 1,5 km vanaf die riviermond, hoofstrand en verskeie restaurante.
Dié eenheid het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die aparte opwaskamer het 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Daar is ook 'n eetarea wat verder na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV lei.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en gaste het toegang tot gratis WiFi.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 10 Sysie Avenue, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10 Sysie Avenue, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang