LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 11 Sha Bay Villas | LekkeSlaap
+12

11 Sha Bay Villas

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sha Bay Villas 11, Lilliecrona Boulevard, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R490 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

11 Sha Bay Villas is 'n selfsorgwoonstel op die grondvloer wat in 'n veilige kompleks in Uvongo geleë is. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf, naby die strand en 'n verskeidenheid doendinge aan die Suidkus.

Hierdie ten volle gemeubileerde woonstel is op die grondvloer geleë en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is toegerus met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, 'n wasbak en 'n toilet. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n stort in die tweede badkamer. Die oopplan-kombuis is goed toegerus en beskik oor 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolf, 'n stoof met 'n oond asook ingeboude kaste met oorgenoeg plek vir eetgerei en breekware.

Die sitkamer het netjiese sitplekke en 'n slaapbank met 'n TV. Daar is ook 'n DVD-speler en die TV het sekere DStv-kanale. Hierdie area in die woonstel lei uit na 'n patio waar daar 'n privaat tuin en 'n braai-area is. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig en die kompleks het ook 'n gemeenskaplike swembad en ander braai-areas wat gaste kan gebruik.

Sha Bay Villas is slegs 'n paar minute se stap van die strand af en is ook baie naby verskeie winkels, gholfbane, restaurante en binnemuurse- en buitemuurse doendinge.

Slaapplek

’n Bespreking by 11 Sha Bay Villas sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 2 resensies vir 11 Sha Bay Villas
Netheid
4.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Sha Bay Villas 11, Lilliecrona Boulevard, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 11 Sha Bay Villas het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R490
per nag (plek vir 6)
Vanaf R490
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sha Bay Villas 11, Lilliecrona Boulevard, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUxNzQ1Yzc3LTcwYTgtNGMwMi1iODNiLWE2MjJlMzI1NzQ5OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R490  per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 11 Sha Bay Villas Lilliecrona Boulevard 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 09:00 -30.850481045522 30.386485755444
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!