110 L'Escalier Cabana
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: L'Escalier Cabanas 110, Kusweg 7, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
110 L'Escalier Cabana is 'n luukse selfsorgwoonstel met lugversorging in Amanzimtoti, teen die strand. Dié stukkie swemstrand word met haainette beveilig. Hierdie deel van die kus is bekend vir dolfyn- en walviskyk, asook vir diegene wat hou van hengel en wat met 'n lisensie mossels mag uithaal.
Die cabana se moderne vakansiewoonstel het slaapplek vir 6 gaste bied 'n pragtige uitsig oor die see vanaf die braai-area op die balkon, die hoofslaapkamer, kombuis en sitkamer. Dit bestaan uit 3 ruim slaapkamers waarvan 1 kamer 'n koningingrootte-bed het. Die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer. Een van die ander badkamers het 'n bad en die ander een 'n stort. Daar is ook 'n oopplan-kombuis en -leefarea.
Die kombuis is toegerus met moderne geriewe soos 'n elektriese vierplaatstoof, 'n groot yskas-vrieskas, wasmasjien, tuimeldroër, mikrogolfoond en oond onder die toonbank. Die leefarea het 'n TV met DStv-koppelpunt. Gaste kan hul eie dekodeerder saambring. Die balkon het braaigeriewe wat oor die see uitkyk.
Die perseel het 'n afstandbeheerde hek en veilige kelderparkeerplek is beskikbaar. Daar is ook ekstra parkeerplek vir motors en sleepwaentjies buite op die perseel beskikbaar onder kringtelevisie.
Bote en kano's kan by die strandmeer langs die kompleks gehuur word. Die voëlreservaat is ook naby. Besoekers kan die 30 min stappie deur die inheemse woud geniet en tot 150 verskillende spesies sien. Die Aliwal Sandbank, wat deur die Diver Magazine as een van die wêreld se top 10 duikbestemmings benoem is, is net 20 min vanaf Amanzimtoti die see in. Gaste kan strand toe gaan of verskeie restaurante besoek.
Die eenheid is 30 km vanaf uShaka Marine World, Kings Park, ABSA-rugbystadion, die Moses Mabhidastadion en Durban se hawe af.
Slaapplek
’n Bespreking by 110 L'Escalier Cabana sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- L'Escalier Cabanas 110, Kusweg 7, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 110 L'Escalier Cabana het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Amanzimtoti KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: L'Escalier Cabanas 110, Kusweg 7, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom