LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 117 on Oak | LekkeSlaap
+28

117 on Oak

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oak-laan 117, Cullinan, 1000, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

117 on Oak is in Cullinan geleë, 30 km oos van Pretoria. Dié lieflike Victoriaanse huis uit die 1920's is in die bekende Jakaranda Oak-laan in Cullinan geleë. 117 on Oak beklemtoon die geskiedenis van voormalige mynkapteine oor die afgelope 100 jaar. Die dorp is bekend vir die grootste diamant wat ooit ontdek is en nou in Koningin Elizabeth se kroon is. Die dorp het 'n ryk geskiedenis en die verblyf is ideaal vir sakereisigers, vakansiegangers en oornaggaste.

Verblyf word in 3 stylvolle kamers gebied. Little Oak Cottage is 'n kamer met 'n koningingrootte-bed en 'n ruim en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Koffie- en teemaakgeriewe word voorsien en indien gaste wil braai kan hulle eetgerei en breekware versoek.

Oak Leaf is 'n kamer met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n induksieplaat, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Vintage Oak is 'n kamer met 'n dubbelbed en 'n en-suite badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Koffie- en teemaakgeriewe word voorsien.

117 on Oak is 1 km vanaf die meeste funksielokale asook bekende besienswaardighede, soos die Cullinan Junction, 'n bekende ou stasie, plekke van geskiedkundige belang, Adventure Zone, Zau Spa en die Cullinan-myn. Die omgewing is boomryk en lok dus baie voëls, en kinders kan veilig hier speel.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 37 resensies vir 117 on Oak
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Oak-laan 117, Cullinan, 1000, Gauteng
  • Gaste dink 117 on Oak het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Dinokeng Gauteng
Vanaf R550
per nag (plek vir 2)
Vanaf R550
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oak-laan 117, Cullinan, 1000, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA330edb7c0b2b822d0910b7c6f3e8724fc66fb3a41128913c7efdee92288c25e737bb87470424189c0e5a02416b713007c795?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (plek vir 2) 37 5 1 5 117 Oak Avenue Cullinan 1000 Gauteng 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -25.673107998572 28.522188790074
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!