118 on Raats

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 18 Jun 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

118 on Raats is 'n bekoorlike gastehuis wat oornagverblyf bied in Table View, net 'n kort entjie se ry van Kaapstad se middestad af. Die huis het die ideale ligging naby die strand en winkelsentrums.

Die gastehuis bied slaapplek aan 8 gaste in 4 slaapkamers met 'n kombuisie en 'n en suite-badkamer. 3 van die eenhede het dubbelbeddens en en suite-storte. Die kombuisies is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, induksiestoofplaat en 'n ketel.

Die vierde eenheid is groter met 'n oopplan-sitkamer en -kombuis met 'n ingeboude braai. Dit bestaan uit 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Hierdie eenheid is op die eerste verdieping en het toegang met 'n buitetrap. Die eenheid het ook 'n klein stoepie.

Die huis het 'n braai-area, gratis WiFi, oefenfiets en 'n roeimasjien. Veilige parkeerplek word voorsien.

Besienswaardighede en doendinge in die omgewing sluit Rietvlei Vleilandnatuurservaat, Canal Walk Winkelsentrum, Bayside Mall, swem, visvang, seil, seilplankry en gholf in. Ons is ook naby Blaauwberg Netcare Hospitaal en Milnerton MediClinic geleë.

Bayside-winkelsentrum met eetplekke is slegs 2,5 km vanaf 118 on Raats.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 118 On Raats gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 R468 per nag (plek vir 2)

Kry 15% af. Geldig vanaf 18 Jun 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]