13 Vines
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ou Sir Lowryspas-weg 13, Somerset-Wes, 7129, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 853 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
13 Vines is 'n vierslaapkamerhuis op 'n druiwe- en olyflandgoed van 13 hektaar in Somerset-Wes, sowat 45 minute vanaf Kaapstad se middestad. Die huis spog met 'n uitsig oor die sonsopkoms en -ondergang in Gordonsbaai en is naby die wêreldbekende Waterkloof-restaurant geleë. Die huis is Moslem-vriendelik en bied toegang tot gebedsgeriewe.
Die herehuis spog met 'n hoë plafon en oorspronklike houtvloere, bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Drie van die slaapkamers het en suite-badkamers, waarvan 2 elk 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet het en die derde en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die vierde slaapkamer bied toegang tot 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Twee gastetoilette is ook beskikbaar. Daar is 'n ekstra enkelbed of 'n slaapbank wat teen 'n ekstra koste in die slaapkamers opgemaak kan word.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea het gemaklike rusbanke, 'n TV en 'n etenstafel met genoeg sitplek. Gratis WiFi word voorsien. Daar is ook 3 kaggels, 2 eetareas en 'n biblioteek.
Buite het gaste toegang tot 'n buite-kuierarea met 'n ingeboude braai, pizza-oond, groot etenstafel en 'n swembad.
Die huis is met 'n omsetter toegerus wat die ligte tydens kragonderbrekings ondersteun en bied 'n onvergeetlike wegbreek aan pasgetroudes, paartjies, gesinne, filmspanne en groepe wat uit die stad wil ontsnap.
Slaapplek
’n Bespreking by 13 Vines sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 650
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Ou Sir Lowryspas-weg 13, Somerset-Wes, 7129, Wes-Kaap
- Gaste dink 13 Vines het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Somerset-Wes Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ou Sir Lowryspas-weg 13, Somerset-Wes, 7129, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom