De Kleijne Bos Country House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Kleijne Bos Country House is in 1692 gebou en is in die hartjie van die Drakensteinvallei in die Kaapse Wynlande net 3 km van die Paarl af. Dié ou Kaap-Hollandse huis is in 'n 4-ster-gastehuis omskep en bied luukse gasvryheid, grootsheid, styl en rustigheid wat herinner aan 'n vervloë era.

Die oorspronklike huis bied 8 kamers wat 7 luukse kamers en 1 standaard kamer insluit. Al die kamers is ontwerp met gerief in gedagte en bied alles wat nodig is om gaste behoorlik te laat ontspan.

Die meeste kamers, behalwe die luukse 2-enkelbedkamers, het en suite-badkamers. Kamergeriewe sluit lugversorging, platskerm-TV met sekere DStv-kanale, WiFi, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe in. 'n Volledige eksotiese ontbyt word onder die prieel in die binnehof bedien. Daar is ook 'n wasgoed- en kamerdiens, maar dit moet vooraf met die bestuurder gereël word.

Alkohol: De Kleine Bos Country House is ten volle gelisensieerd. Volgens hierdie lisensie word gaste se eie alkoholiese drankies nie in ons gemeenskaplike areas of op ons perseel te toegelaat nie. Gaste kan wel enige alkoholiese voorkeure vooraf met die bestuur kommunikeer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Kleijne Bos Country House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 1)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za