Zimbali Akkommodasie by 17 Tinderwood Loop | LekkeSlaap
+14

17 Tinderwood Loop

Selfsorg
  • Vanaf R7 200 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Tinderwood Loop, , Dolfynkus, 44188, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

17 Tinderwood Loop is in die eksklusiewe Zimbali Coastal Estate geleë en bied luukse verblyf aan KwaZulu-Natal se noordkus. Hierdie huis is ideaal vir 'n gesin wat opsoek is na rustige verblyf naby die warm Indiese Oseaan.

'n Indrukwekkende ingang lei na die onberispelike leefarea met 'n marmertrap en natuurlike klipmure. Die oopplan-kombuis is goed toegerus en het 'n aparte opwaskamer. Daar is 4 slaapkamers met slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer en 2 ander slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed en die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Al die kamers het en suite-badkamers met 'n bad en stort. Handdoeke word ook voorsien. Die eetkamer het skuifdeure wat na 'n onderdak-patio met 'n swembad-area lei. Die sitkamer het gemaklike rusbanke, 'n TV met DStv en lugversorging. Hierdie eenheid het pragtige uitsigte oor die see en bewaringsgebied.

'n Skoonmaakdiens is van Maandae tot Saterdae beskikbaar vir gaste. Die huis het oorgenoeg parkeerplek met 2 onderdak- en 2 oop parkeerplekke. Let asb. daarop dat rook streng verbode is in die huis. Toiletpapier, opwasmiddel en swartsakke word met aankoms voorsien.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • 17 Tinderwood Loop, , Dolfynkus, 44188, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R7 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf R7 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf R7 200
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Tinderwood Loop, , Dolfynkus, 44188, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdmNWU4OGJmLTgxYjMtNDk2ZC1hODJlLTYyMmZiY2YzYWFiMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R7 200  per nag (plek vir 8) 17 Tinderwood Loop Zimbali Coastal Estate 44188 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.564601449404 31.186755001545
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za