18 Coogee Bay Beachfront Apartment
Kry 60% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 1 Aug 2022 tot 30 Nov 2022.
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deary-laan 1, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 850R740 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
18 Coogee Bay Beachfront Apartment is 'n selfsorgwoonstel wat na die see front in 'n veilige woonstelkompleks in Gonubie. Gonubie is 'n kusdorpie by die Gonubieriviermonding en is sowat 8 km van Oos-Londen af.
Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste (verkieslik 4 volwassenes en 2 kinders) en beskik oor 2 slaapkamers. Daar is 'n ekstra lang koninggrootte-bed in die hoofslaapkamers, 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer en 'n sitarea met 'n dubbelslaapbank. Die badkamer het 'n stort-oor-bad. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, induksiestoof, oond, konveksie-mikrogolfoond, skottelgoedwasser, filterkoffiemasjien, wasmasjien-tuimeldroër en basiese kookgerei soos potte, panne en eetgerei toegerus.
Die sitarea lei na die balkon wat 'n lieflike uitsig oor die strand en see bied en gasbraaigeriewe het. Daar is 'n ook 'n hangmat op die balkon. Die sitarea langsaan het 'n slim-TV met Netflix, Showmax en TV-programkanale. Gratis hoëspoed-WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n werkstasie met 'n 32"-skerm en koordlose sleutelbord en muis wat gaste kan gebruik vir hul skootrekenaars.
Daar is 'n kragopwekker vir die ligte en ander ligte laaitoestelle in geval van beurtkrag. Die ligte sal soos normaal funksioneer en die ligte elektroniese toestelle sal vir 8 tot 10 ure aan bly gedurende beurtkrag.
Die kompleks het gemeenskaplike buitebraaigeriewe en 'n onderdakparkeerarea agter 'n hek met afstandbeheer. Rook is streng verbode in die woonstel en op die balkon.
Gonubie bied pragtige staproetes, pragtige uitsigte oor die see en strandmeer, en verskeie watersportsoorte soos rivier- en klipvisvang, branderplankry, roei en bootvaart kan op die see of strandmeer geniet word. Ander doendinge en besienswaardighede sluit wildritte, die leeu- en slangpark, voëlkyk, vierwielmotorfietsry, voetslaan, pieknieks, gholf en plaasmarkies in.
Slaapplek
’n Bespreking by 18 Coogee Bay Beachfront Apartment sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Kantoorgeriewe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Deary-laan 1, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
- Gaste dink 18 Coogee Bay Beachfront Apartment het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Gonubie Oos-Londen Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deary-laan 1, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom