LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 2 Agnar Mews | LekkeSlaap
+87

2 Agnar Mews

1 resensie
Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 50% af

Kry 50% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Agnar-straat 12, Westhill, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 3
  • Vanaf R2 400 R1 200 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

2 Agnar Mews is 'n selfsorg-meenthuis in 'n klein kompleks in Knysna. Die perseel spog met lieflike uitsigte oor die Knysna-strandmeer en die welbekende Knysnakoppies vanaf die balkon en vanuit die hoofslaapkamer.

Dié dubbelverdieping-meenthuis bied verblyf aan 4 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamers is op die onderste verdieping. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koningingrootte-bed omskep kan word.

Die derde slaapkamer is 'n TV-kamer met 'n rusbank wat in 'n enkelbed omskep kan word en 'n uittrekbed. Dié slaapkamer het 'n TV teen die muur met 'n extra view-dekodeerder en lei na 'n patio met braaigeriewe. Die tweede en derde slaapkamers deel 'n tweede badkamer wat op die onderste verdieping is.

'n Goed toegeruste kombuis is op die boonste verdieping en het die nodige toebehore om maaltye voor te berei, asook 'n 5 ster-waterfiltersisteem en 'n wasmasjien. Die aangrensende leefarea het 'n 49" slim-TV met 'n Explora-dekodeerder en sekere DStv-kanale. Daar is WiFi wat in meeste van die meenthuis opgevang word.

'n Toesluitmotorhuis vir een voertuig is beskikbaar en gedeelde parkeerplek vir besoekers is op die perseel beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by 2 Agnar Mews sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir 2 Agnar Mews
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Agnar-straat 12, Westhill, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink 2 Agnar Mews het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R2 400
Vanaf R1 200
per nag (vir 6 persone)
was R2 400
Vanaf R1 200
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Agnar-straat 12, Westhill, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 3
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0638d73361c9d2b6011993ebb8f83b93fc223b1a9f488fb0fc3376a4da0df0d7e49711bb43e8858a4a874dd551208e8b89a8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R2 400, nou Vanaf R1 200  per nag (vir 6 persone) 1 5 1 5 12 Agnar Street Westhill 6571 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-18:00 10:00 -34.034593350652 23.041596326389
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!