Amanzimtoti Akkommodasie by 22 Capri | LekkeSlaap
+14
+14

22 Capri

3 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R770 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Strandweg 49, Capri 22, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

22 Capri is ’n selfsorgwoonstel op die tweede verdieping van ’n veilige en bekende vakansieblok reg in die hartjie van Amanzimtoti.

Dié blok is op die strand en bied pragtige uitsigte oor die see. Die strand, restaurante, ’n speletjieskamer, rolbal, winkels en ’n wasgoeddiens is net 2 minute se stap vanaf die woonstel. Dit maak dié verblyf ideaal vir vakansiegangers en sakereisigers. Daar is ’n verskeidenheid trekpleisters net ’n kort ent se ry vanaf Amanzimtoti.

Gedurende die wintermaande mag gaste dalk net die Suidkus Sardienloop of die walvisse en dolfyne wat speel vanaf die woonstel kan sien.

22 Capri bied slaapplek aan 6 gaste en het 1 slaapkamer, ’n badkamer en ’n kombuis en 'n oopplan-eetarea en -leefarea. Die slaapkamer het 2 dubbelbeddens en daar is 'n dubbelbed in die leefarea. Die badkamer het ’n stort, toilet, wasbak en 'n wasmasjien.

Die kombuis is met ’n stoof, oond, yskas en ’n mikrogolfoond toegerus. Die leefarea het ’n dubbelbed, banke en ’n platskerm-TV met beperkte kanale. Gaste kan hul eie DStv-dekodeerder saambring as hul die Premium-pakket wil hê gedurende hul verblyf. Die eenheid het lugversorging en dakwaaiers, en toegang tot die eenheid is via trappe of ’n hysbak.

’n Gemeenskaplike braai-area is op die dek beskikbaar op die eerste verdieping van die kompleks. Daar is ook ’n stort op die grondvloer om die see se water af te was wanneer gaste van die strand af kom. Veilige parkeerplek is agter ’n outomatiese hek beskikbaar en die kompleks, asook die parkeer-area het geslotekringtelevisie wat gaste gerus kan stel.

Gaste word in persoon verwelkom met aankoms en gegroet met vertrek.

Slaapplek

’n Bespreking by 22 Capri sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
2 xDubbelbed
Dubbelbed
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir 22 Capri
Netheid
4.7/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Strandweg 49, Capri 22, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 22 Capri het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R770
per nag (plek vir 6)

Sien meer verblyf in

Amanzimtoti KwaZulu-Natal
Vanaf R770
per nag (plek vir 6)
Vanaf R770
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Strandweg 49, Capri 22, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAP1q4vzMEqNG2E4NGKxdH3yhBdNAvg2Tu2kSDFsf5RDOG2ory7K?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R770  per nag (plek vir 6) 3 5 1 5 49 Beach Road 22 Capri 4126 KwaZulu-Natal 086 999 0018 15:00-18:00 09:00 -30.053830784002 30.886509364418
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za