23 Daytona
- Kapasiteit: 9 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Daytona-weg 23, Groot Jongensfontein, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 9)
Beskrywing
23 Daytona is 'n selfsorghuis in die kusdorpie Jongensfontein, 16 km van Stilbaai af en ideaal vir 'n gesinsvakansie by die see. Die dorp is 'n gewilde bestemming vir branderplankryers en spog met uitstekende weerstoestande vir hengelaars.
Die dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 9 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer op die onderste verdieping het 'n dubbelbed, 'n aantrekkamer en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed maar maak van 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n stort gebruik. Op die boonste verdieping is daar 'n derde en 'n vierde slaapkamer. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed, en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed. Dié slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort.
Die kombuis en leefarea is oopplan en op die onderste verdieping geleë. Die kombuis is met 2 yskas-vrieskaste, 'n stoof, oond, mikrogolfoond, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die leefarea het genoeg sitplek, 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste en 'n TV met DStv, en lei na 'n lieflike stoep met sitplek en braaigeriewe. Parkeerplek is vir 3 voertuie beskikbaar.
Jongensfontein bied besoekers 'n rits doendinge, soos swem, skubaduik, snorkel, visvang, branderplankry en 'n gholfbaan.
Slaapplek
’n Bespreking by 23 Daytona sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Kaggel
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Mandie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Jaar gelys 4
Ligging
- Daytona-weg 23, Groot Jongensfontein, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink 23 Daytona het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Jongensfontein Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 9 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Daytona-weg 23, Groot Jongensfontein, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom