Boksburg Akkommodasie by 24 on Vrey | LekkeSlaap
+127

24 on Vrey

Gastehuis
  • Kapasiteit: 58 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vrey-straat 24, Beyerspark, Boksburg, 1459, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

24 on Vrey is 'n gastehuis met baksteenmure binne en buite, en is geleë in die lowerryke voorstad Beyerspark, net oos van Johannesburg. Dit is net 7 minute vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe en bied aan sakereisigers en vakansiegangers luukse en unieke verblyf.

Ons verblyf bestaan uit "executive", korporatiewe, gesins- en wittebroodkamers wat dit die ideale akkommodasie-opsie vir gaste wat die area besoek maak. Geriewe in die kamers sluit lugversorging, privaat óf en suite-badkamers en 'n TV met sekere DStv-kanale en Internet in.

Jy kan jou dag afskop met 'n heilsame ontbyt, terwyl jy kyk na die koivisse in die dammetjie, die voëls in die tuin, of lees 'n boek of tydskrif in ons sitkamer-biblioteek met 'n lieflike atmosfeer en gemaklike meubels. Let asseblief daarop dat daar vriendelike honde op die perseel is.

24 on Vrey is sentraal geleë, minder as 8 km vanaf die East Rand Mall, Carnival City, Emperors Palace, restaurante, flieks, teaters, Summer Place en Birchwoord se trou- en konferensiesentrums en 3 privaat hospitale. Die beleefde personeel sal jou graag bystaan as jy die omgewing se besienswaardighede wil verken, spesiale uitstappies wil beplan of 'n pendeldiens na die lughawe wil reël.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 52 resensies vir 24 on Vrey
Netheid
4.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Vrey-straat 24, Beyerspark, Boksburg, 1459, Gauteng
  • Gaste dink 24 on Vrey het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 58 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vrey-straat 24, Beyerspark, Boksburg, 1459, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7rTgtPawfztHdBhUSXGf8amMM6v5RowJZLxacB64lEBHefZajp?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (vir 2 persone) 52 5 1 5 24 Vrey Street Beyerspark 1459 Gauteng 086 999 0018 12:00-00:00 10:00 -26.180624 28.274734
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za