Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

29 Adante

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Middleton-weg 8, Adante 29, Winklespruit, 4026, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 050 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

29 Adante is 'n lieflike selfsorgwoonstel vir tot 6 gaste in 'n sekuriteitskompleks in Winklespruit, Kingsburgh, net 200 m vanaf die strand.

Gaste kan 'n pragtige see-uitsig van hierdie woonstel op die tweede verdieping geniet. Let wel dat die woonstel deur trappe bereik word.

Daar is slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders onder die ouderdom van 16 en die eenheid beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, sitarea en 'n eetarea.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n plafonwaaier en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n plafonwaaier en 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede en derde slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n groot stort het. Linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en gaste kan by die toonbank of by die etenstafel op die onderdakstoep aansit en 'n uitsig oor die see geniet. Daar is 'n wassery om die hoek van die eenheid waar wasgoed ingegee kan word teen 'n addisionele koste.

Daar is ook 'n sitarea met DStv se gesinspakket.

Die kompleks bied gemeenskaplike onderdakbraai of 'n buitelugbraai langs die swembad en daar is veilige parkeerplek agter 'n outomatiese hek met oop parkeerplek.

Gaste het toegang tot die strand waar hulle kan gaan swem. Daar is ook die opsie om op die strandmeer te gaan vaar met 'n boot of om die 9,5 km na die Galleria Mall te ry waar daar verskeie winkels en restaurante is.

Daar is veilige, oop parkeerplek agter sekuriteishekke en binne kompleks.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xKinderbed vir 1
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Eurika Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 90

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Middleton-weg 8, Adante 29, Winklespruit, 4026, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 29 Adante het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Middleton-weg 8, Adante 29, Winklespruit, 4026, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6e3b07b40d0c7a9d85a2c1d6e058cb422c324eac6af6a37ef4b2dda4a354537c3358262d3079ee7095891dacaee943420e73?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag (plek vir 6) 8 5 1 5 8 Middleton Road Adante 29 4026 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 09:00 -30.0959336 30.860728

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang