3-Rondavels

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 23 Jul 2019 tot 13 Sep 2019.

Beskrywing

3-Rondavels bied gerieflike selfsorgverblyf in 3 selfsorg-eenhede in die Marloth Park-bewarea, wat die grens tussen die Krokodilrivier en die suidelike Kruger Nasionale Park, een van die grootste wildreservate in Suid-Afrika, vorm.

Die 3 ruim en gerieflike rondawels is ongekunsteld om by te dra tot die bosveld-atmosfeer. Elke rondawel is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, 'n oond en 'n stoof. Tussen die 3 rondawels is 'n groot, verhewe hoofdek en braai-area in die skaduwee van maroela- en doringbome. Al die rondawels het paadjies wat na die dek lei. Daar is ook 'n swembadjie langsaan die dek.

Die Krokodilrivier is die gemeenskaplike grens tussen die Krugerwildtuin en Marloth Park, vir sowat 17 km en is 'n tuiste vir seekoeie en krokodille. Olifante, renosters en buffels word dikwels gesien aan die Krugerwildtuin se kant van die rivier. Aan Marloth Park se kant van die rivier is daar 'n verskeidenheid wildsbokke wat vrylik tussen die kothuise wei. Kameelperde en vlakvarke mag ook van tyd-tot-tyd inloer, en sebras kom bedel graag by die dek vir lekkernye. Daar is meer as 300 voëlspesies vir voëlkyk-entoesiaste.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 3-Rondavels gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R520 R416 per nag (plek vir 2)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 23 Jul 2019 tot 13 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]