Uvongo Akkommodasie by 30 Topanga | LekkeSlaap
+27
+27

30 Topanga

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R920 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Topanga, Colinstraat, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

30 Topanga is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Uvongo. Die Topanga-kompleks is net 200 m vanaf Uvongo se strand, waar gaste die dag by die see kan deurbring of visvang. Dit is ook naby die Spar, wassery, restaurante en ander winkels.

Die woonstel het lugversorging, het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die sitarea het 'n hoekbank en 'n platskerm-TV.

Die leefarea lei na 'n stoeparea met stoepmeubels. Die stoep bied 'n uitsig oor die kompleks se tuin, 2 gemeenskaplike swembaddens en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is in die kompleks beskikbaar en daar is sekuriteitswagte.

Slaapplek

’n Bespreking by 30 Topanga sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 1 resensie vir 30 Topanga
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Topanga, Colinstraat, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 30 Topanga het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R920
per nag (plek vir 4)
Vanaf R920
per nag (plek vir 4)
Vanaf R920
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Topanga, Colinstraat, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA522c1be25c1acd560c8255ab6f4ebacbe7032dd8cd8536d2f32552352ddddd5e0bd83c08049d57fccb09f616e34f2d0561a6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R920  per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 Topanga Colin Straat 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.832574 30.3961481
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za