Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

301 Ballito Manor View

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 102B Compensation Beach-weg, 301 Ballito Manor View, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

301 Ballito Manor View is 'n selfsorgwoonstel met 'n uitsig oor die hoofstrand in Ballito in die Ballito Manor-kompleks. Dié woonstel is op die derde verdieping en gaste kan in luuksheid ontspan en die tuin- en see-uitsig vanaf hul groot balkon geniet.

Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n platskrm-TV en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en dubbelwasbakeenheid. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n toilet en wasbak. Al die kamers het lugversorging.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, vierplaatstoof met 'n oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër toegerus. Die sitarea het lugversorging, 'n L-vormige rusbank en 'n platskerm-TV. Die sitarea het toegang tot 'n groot onderdakstoep met buitemeubels en 'n gasbraai.

Die woonstel bestaan uit een verdieping en daar is geen trappe nie. Toegang tot die woonstel word via 'n hysbak vanaf die gebou se parkeer-garage verkry en die woonstel het 2 aangewese onderdakparkeerplekke.

Die kompleks het direkte toegang tot die strand via 'n privaat hek. Daar is 24 uur-sekuriteitspersoneel en 'n elektriese heining om gaste se veiligheid te verseker. Die kompleks het ook 'n grasperkie waar kinders kan speel en daar is 'n omheinde swembad.

Daar is verskeie uitstekende restaurante naby en kan deur 'n kort entjie se stap op die plankpaadjie bereik word. Daar is 'n klein winkelkompleks met 'n Checkers Food-inkopiewinkel oorkant die pad. Gaste wat op soek is na 'n groter verskeidenheid winkels en restaurante kan die Ballito Junction and Lifestyle Centre wat slegs 2 km ver is, besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by 301 Ballito Manor View sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Portier
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 8 resensies vir 301 Ballito Manor View
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Elsbeth Geverifieer

Eiendomme 19

Resensies 112

Jaar gelys 7

Ligging

  • 102B Compensation Beach-weg, 301 Ballito Manor View, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 301 Ballito Manor View het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 102B Compensation Beach-weg, 301 Ballito Manor View, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0f5b52f00516569ff6e918ae4d8efc4026087d39cfef9743ee05df62554ce70c8c00940a4a785092dfc68b7c0b068d064394?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6) 8 5 1 5 102B Compensation Beach Road 301 Ballito Manor View 4420 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -29.531728908878 31.222417121426
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem