3040 on Freshwater

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 30 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

3040 on Freshwater bied gewilde selfsorg-vakansieverblyf. Ons is in ‘n stil gedeelte van Port Alfred omtrent 3 km vanaf die middedorp, die bekende Kowieriviermond en die Port Alfred Marina geleë. Hierdie rustige, stil akkommodasie is slegs 100 meter vanaf Flame Lilly strand waar gaste die getypoel sal vind.

3040 on Freshwater bied 3 lieflike eenhede. Gecko Cove is 'n oopplan-kamer ten volle toegerus vir selfsorg met 'n sitkamer, kombuis, aparte badkamer met 'n stort, 'n privaat braai en 'n plonspoel. Let asb. daarop dat hierdie eenheid nie 'n TV het nie. Fat Gecko is 'n eenslaapkamereenheid toegerus vir selfsorg met 'n oopplan-sitkamer en -kombuis. Hierdie eenheid het 'n aparte badkamer met 'n stort. Daar is 'n TV met net 'n DVD-speler en 'n privaat braai. Hierdie eenheid bied slaapplek vir 2 volwassenes en 2 klein kinders op 'n slaapbank. Rusty Hook is ook 'n eenheid toegerus vir selfsorg met 2 slaapkamers, 'n oopplan-sitkamer, kombuis en 'n badkamer met 'n stort-oor-bad. Die eenheid het ook 'n privaat braai, 'n TV en bied slaapplek vir 4 volwassenes.

Port Alfred bied ook die swemstrand, Kelley’s Blouvlagstrand, wat net 2,5 km weg is ... 'n maklike entjie se stap vir avontuurlustige vakansiegangers!

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 3040 On Freshwater gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 R595 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 30 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za