33 Berg Self-Catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

33 Berg Self-Catering is vernoem na Swellendam se bekende Langeberge. Hier kan jy rustig op die groot stoep sit en die dorp se aktiwiteite dophou.

Ons verwelkom jou graag in ons ruim huis en tuin met sy rustige, plattelandse atmosfeer. Ons het met groot sorg die Kaapse erfenis van die gebou behou. Die soliede houtmeubels en familie-erfstukke word gekombineer met alles wat jy nodig het vir moderne gemak en gerief. Ons bied 3 selfsorg-dubbelkamers met die opsie vir 'n ekstra bed in 2 van die kamers. Die kersie op die koek is ons komplimentêre tuisgebakte beskuit.

Bergstraat, met sy lang en skaduryke sypaadjies, is ideaal vir drawwers en stappers. Geniet die uitsig op die berge of koel af in ons swembad in die tuin. Ons is binne stapafstand na restaurante, historiese geboue en die sakekern geleë.

Swellendam is 'n uitstekende bestemming vir natuurliefhebbers. Jy kan twee nabygeleë natuurparke, naamlik Marloth en De Hoop, verken, sowel as die Bontebok Nasionale Park. Ons streek is die tuiste van 'n dinamiese landbougemeenskap. As jy die omliggende grondpaaie verken sal jy wit kothuisies, skure en bloekomboom-lanings teëkom, en die landskap sal voortdurend met die seisoene verander. Ons sal jou graag bystaan met inligting om die beste van jou tyd in Swellendam te maak!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 33 Berg Self-Catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]