33 Rooibok Avenue

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 25 Jul 2019 tot 30 Sep 2019.

Beskrywing

33 Rooibok Avenue is 'n selfsorg-eenheid in Rheebok, naby Klein-Brakrivier en net 10 km vanaf Hartenbos tussen George en Mosselbaai. Rheebok is 'n bekende vakansiebestemming vir swem, branderplankry en diepseevisvang en is omring deur gholfbane en bergfietsroetes van wêreldgehalte.

Hierdie huis het 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamers het 'n dubbelbed elk en die vierde slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die gedeelde badkamer het 'n stort, bad, wasbak en toilet.

Die kombuis is volledig toegerus met baie kaste en 'n mikrogolfoond. Die oopplan-leefarea is ingerig met 'n TV met 'n Smart LED-DStv-verbinding. Gaste moet hul eie HD-dekodeerder bring. Daar is 'n Blu-ray DVD-speler en lugversorging. Verskaf asseblief eie bad- en strandhanddoeke.

Die leefarea bied toegang tot 'n groot houtdek met uitstekende uitsigte. Gaste het ook toegang tot 'n boma en 'n braai-area. 'n Dubbelmotorhuis is beskikbaar en daar is 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Ons is slegs 14 km vanaf Mosselbaai se middedorp, 25 km vanaf George Lughawe, 95 km vanaf Knysna en 82 km vanaf Oudtshoorn. Tydens walvisseisoen (Julie - November) kan gaste 'n walvisboot neem en tot so naby as 50 m van hierdie vriendelike see-reuse af kom. Of jy kan luilekker vaar reg rondom Robeiland met sy oorvloed (meer as 2000) robbe. Daar is verskeie avonture in die omgewing insluitend perdry, voetslaan, reksprong en 4x4- en vierwielmotorfiets-roetes.

Slaapplek

'n Bespreking by 33 Rooibok Avenue sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 33 Rooibok Avenue gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R875 R744 per nag (plek vir 8)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 25 Jul 2019 tot 30 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false