360 Eastwoods Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

360 Eastwoods Guest House is 'n gevestigde gastehuis in Arcadia, 'n voorstad van Pretoria. Pretoria staan as die Jakarandastad bekend weens sy pragtige pers bloeisellanings, maar dié stil stad se natuurlike en kulturele besienswaardighede, soos ou geboue en museums, is beslis ook die besoek werd.

Die elegante gastehuis bied gehalteverblyf in 'n deluxe slaapkamer en 'n gesinseenheid. Elke slaapkamer is smaakvol ingerig en het 'n en suite-badkamer. Ander geriewe sluit lugversorging, 'n TV met satellietkanale, yskas, koffie- en teemaakgeriewe en WiFi in.

Gaste kan die mikrogolf in die gemeenskaplike eetkamer gebruik en die gastehuis het 'n swembad, buite-eetarea en gemeenskaplike sitarea.

Pretoria bied allerlei doendinge soos perdryroetes by die Voortrekkermonument, wildkyk by Premier Wildreservaat en tandem-valskermspring by die Pretoria Skydiving Club.

Kenmerke

  •  Swembad

Geriewe

  •  Swembad

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 360 Eastwoods Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za