360 on 62 Mountain View Farm Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

360 on 62 bied selfsorgverblyf in 'n plaaskothuis met 360º-uitsigte oor die berg op 'n werkende plaas net 7 km buite die bekoorlike dorpie Montagu in die Klein Karoo op die R62. Dit is net 2 ure se ry van Kaapstad af en neem jou deur die klippoorte van Kogmanskloof na die Klein Karoo. Die geskiedkundige dorpie is in 'n vrugbare vallei geleë wat deur die Swartberge en Langeberge omring word.

Die opknappingswerk in die kothuise is sorgvuldig en noukeurig voltooi om 'n outentieke aard daaraan te verleen. Die kothuise is eenvoudig, maar toegerus met linne, breekware en eetgerei en 'n gaskooktoestel en mikrogolf vir binnenshuise kook-doeleindes. Elke kothuis het ook 'n braaiplek op die patio. Die kothuise het nie TV's om jou aandag van die voëlgesang of tjank van die jakkalse af te trek nie. Die gevlekte ooruil en Kaapse ooruil is pragtige roofvoëls wat gereeld rondom die kothuise gehoor en gesien word.

Gemeenskaplike braaigeriewe by die swembad is ideaal vir 'n groot groep wat saam in die lapa wil braai. Die swembad kyk uit oor die majestueuse Langeberge en skep die ideale ligging vir 'n skemerkelkie of vir ontspan na 'n lang, warm dag.

Lentetyd is enige vygie-liefhebber se droom en is werklik die ideale tyd om die Klein Karoo te besoek. Kom ontspan in die platteland en geniet die manjifieke vertoning van blomme op jou voorstoep. Die plaas het 'n paar goeie voëlkykplekke en ons voëllys sluit 75 spesies, insluitend die Afrika-visarend, die Bloukraanvoël en ander watervoëls by die dam in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 360 On 62 Mountain View Farm Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false