402 Kenwyn on Sea

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

402 Kenwyn on Sea is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel wat in 'n sekuriteitskompleks in Ballito geleë is. Dié kompleks bied direkte toegang tot die strand en is naby verskeie besienswaardighede aan die Dolfynkus.

Dié woonstel is smaakvol versier en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en die derde slaapkamer het 3 driekwartbeddens. Die kamers het lieflike see-uitsigte en plafonwaaiers.

Albei badkamers het baddens en storte. Die oopplan-leefarea het lugversorging. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, elektriese oond, stoof, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, Nespresso-masjien, ysmasjien, strykyster en -plank.

Die sitkamer het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, en lei na 'n onderdakbalkon met Weber-braaigeriewe. Daar is ook beperkte WiFi beskikbaar. 'n Haardroër en persoonlike toiletware word met aankoms voorsien.

Let asseblief dat die eenheid via trappe bereik word en nie rolstoelvriendelik is nie.

Die kompleks het ook gemeenskaplike braai-areas en 'n swembad. Veilige onderdakparkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar en daar is afstandbeheertoegang.

Slaapplek

'n Bespreking by 402 Kenwyn on Sea sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 402 Kenwyn On Sea gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 070 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false